(navigation image)
Home American Libraries | Canadian Libraries | Universal Library | Community Texts | Project Gutenberg | Children's Library | Biodiversity Heritage Library | Additional Collections
Search: Advanced Search
Anonymous User (login or join us)
Upload
See other formats

Full text of "Geskiedenis Graad 6"

Geskiedenis Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Geskiedenis Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Online: 

< http://cnx.0rg/content/colllOO8/l.l/ > 



CONNEXIONS 

Rice University, Houston, Texas 



This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under 

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/). 

Collection structure revised: September 8, 2009 

PDF generated: February 6, 2011 

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 99. 



Table of Contents 



1 Kwartaal 1 

1.1 Antieke medisyne uit Afrika en Europa 1 

1.2 Jenner oorwin pokke 9 

1.3 Pasteur en Lister oorwin kieme 13 

1.4 MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika 17 

2 Kwartaal 2 

2.1 Vreedsame protes tot die 1950's 25 

2.2 Swart verset in die 1960's enl970's 33 

2.3 Noodtoestand in die 1980's 38 

2.4 Die 1990's: Apartheid eindig - menseregte begin 41 

3 Kwartaal 3 

3.1 Waarom stel mense hul lewens in gevaar om na die vreemde te reis? 51 

3.2 'Donker Afrika' lok baie avonturiers 56 

3.3 Livingstone se bydrae tot die bekendstelling van Afrika 63 

3.4 Stanley en die plaaslike inwoners 68 

4 Kwartaal 4 

4.1 Afrika se ryke van goud 73 

4.2 Die vroegste ryke in Noordoos- en Wes- Afrika 78 

4.3 Die vroegste ryke in Suidelike Afrika 86 

4.4 Vroee nedersettings in SA 92 

Attributions 99 



IV 



Chapter 1 

Kwartaal 1 



1.1 Antieke medisyne uit Afrika en Europa 

1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

1.1.2 Graad 6 

1.1.3 ONTWIKKELING VAN DIE MEDIESE WETENSKAP 

1.1.4 Module 1 

1.1.5 ANTIEKE MEDISYNE UIT AFRIKA EN EUROPA 

1.1.6 Aktiwiteit 1: 

1.1.7 Om tussen primere en sekondere bronne oor antieke medisyne te onderskei 
en afleidings daaruit te maak 

1.1.8 [LU 3.3] 

a) Wat is medisyne? 

Vul die blokkies in en skryf neer waaraan jy dink as jy die woord medisyne hoor, of wat dit vir jou 
beteken. 













medisyne 


(■ — 











Figure 1.1 



Vervolgens gaan ons kyk hoe die mediese wetenskap ontwikkel het! 
b) Oudste siektes 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24214/l.l/>. 



2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Die oudste vorm van siekte is deur 'n professor in 'n fossiel van 'n dinosourus gevind. Miljoene jare gelede 
het die reuse- dier kanker in sy lang stert ontwikkel. Dink net hoe moeilik het die dier met die pyn in sy 
stert beweeg en hoe moeilik het hy kos gevind. Die dier het maerder en maerder geword en later gesterf. 

c) Steentydperk 

Voordat wetenskaplikes medisyne gemaak het, het die mens en dier sy eie metodes gebruik. 'n Siek hond 
eet gras of lek gedurig aan 'n stukkende plek om dit gesond te maak. 

Die eerste medisyneman of toordokter vind ons in die Steentydperk ongeveer 17 000 jaar gelede. Hierdie 
mense het rotstekeninge, waaruit ons baie kan leer, in grotte gemaak. 

d) Opdrag 

Bestudeer meegaande bron en bespreek die vrae in Jul groepe. 



Figure 1.2 



*l2[ Verduidelik aan die hand van die skete wat die verekil 

tuseen 'n primere en sekondere bron is. 
^3j Vertel die tekening vir one ietc van hoe die menee in die 

Steentydperk geleef het 1 ? 
f iJ, Waiter eoort dier is op die tokening*? 
)Jh Wat fitel die tekening voorf 

\^i Het die menee ee leefwyee hulle iete van medieyne geleer - ?^ 
fiii Hoe het hulle oorleef in eulke gevaarlike omstandighede'? 



Figure 1.3 



a) San 




Figure 1.4 



Die San in Suidelike Afrika het ook gesondheidsprobleme gehad. Slangbyte, giftige spinnekoppe, skerpioene 
en beserings as gevolg van die jag van wilde diere, het baie mense se dood veroorsaak. Toordokters is soms 
geraadpleeg om die siekes gesond te maak. Daar is geglo dat iemand wat siek word, deur geeste oorgeneem 
word en die toordokter was die gees, persoon of ding wat die siekte veroorsaak. Die San het ook kruie- 
bossies en wortels van verskeie plante as medisyne gebruik. Soms is hierdie plante tot as verbrand, in 'n 
pasta gemeng en in die wond ingevryf. Slangbyte is toegebind met 'n slangvel op die wond om die gif uit te 
trek. 

f) Khoina 

Die Khoina het geglo dat siektes deur geeste van dooies uit grafte veroorsaak word. Hulle het ook 
toordokters gehad waarvan party 'n goeie kennis van kruie- medisyne gehad het. Die Khoina-dokter het 
gewoonlik 'n klein houertjie gedra waarin bestanddele van plantwortels, plante, vleis en bene van diere gedra 
is. Hierdie inhoud is opgesny, tot poeier gemaak en as medisyne gebruik. 

g) Eerste hospitaal en medisyne wat aan die Kaap gebruik is 

Die eerste hospitaal aan die Kaap is deur Jan van Riebeeck in die fort ingerig. Die hospitaal was baie 
ongerieflik. Die matrasse is van materiaal gemaak, met gras gestop en op 'n harde plank geplaas. 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 




Verskaf iwee joeie redea w&zrorn 
Jan van Riebeeck 'n hospilaa! aan 

die Kaap moes oprig. Dink Aan 
die werk w>ai ons reeds gedoen hei. 

)^ 



Figure 1.5 



Die veeboere, en baie jare later die Voortrekkers, het op hul trek na die binneland verskeie interessante 
rate gebruik. Kindersiektes, soos kinkhoes en masels, het dikwels voorgekom en baie kinders het daaraan 
gesterf. Elke gesin het 'n medisynetrommeltjie met allerhande middels daarin gehad. 

Lees die volgende boererate en besluit of Jul groep dit sal gebruik: 

Maagsiektes: Blare en wortels van plante is gekook en gedrink. 

Pleisters: Pleisters is van doringboom- of bloekomblare en asyn gemaak. 

Longontsteking: 'n Warm bokvel is op die pasient se bors geplaas. 

Asma: 'n Kind moes soggens vroeg in die perdestalle speel sodat die salpeterreuk van die perde se urine 
sy bors kon laat ooptrek. 



Gesels met jou ouers, oupa of 
ourma en probeer een oumensraai 

(prirnere bron) vind u>at hulle 

9ebruik hei. Hienile interessanie 

inlig-ting kan j\j dan as sekondere bron 

aan jou klasmaa-ts kom verfcel 




Figure 1.6 



h) Medisyne wat in Engeland gebruik is 

Die interessante medisyne-advertensie op die volgende bladsy het meer as 'n 100 jaar gelede in 1893 in 
die London News in Engeland verskyn. 




Besiudeer hierdie bron en beaniwoord] 

die vrae uvai daarop volg in Jul 

c^roepies. Skry-f die aniu>oorde op 

'n foliovel neer. 



)^ 




Figure 1.7 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 




Figure 1.8 



1. Wie het die pille gemaak? 

2. Waarvoor is die pille gebruik? (2 redes) 

3. Wat word bedoel met "Carter's Victory"? Raadpleeg 'n woordeboek. 

4. Verduidelik wat word met die slagspreuk "Attack and Defence" bedoel? 

5. Waar is die pille verkoop? 

6. Watter woorde bewys dat die pille goedkoop was? 

7. Probeer vasstel hoeveel geld Is l^d in rand en sent is. 

8. Waarom het die kunstenaar voels in die advertensie gebruik? 

9. Verduidelik die gebeure in die skets. 



i) Medisyne wat vandag gebruik word 




Siel by die huls vas waiter medisyne Wj al moes 

gebruik het en voltooi die label. Bespreek daama 

in Jul groepe die medisyne u/ai julle gebruik 

hei, voltooi die groep se label en versprei 

dii onder die amAe.r groepe in die klas. 




Figure 1.9 



SIEKTE 


MEDISYNE 


PRYS 


SMAAK 


Hoofpyn 


Compral pille 


R12,99 


Smaakloos 



























Table 1.1 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 




Vir maag ongemak 
wot met krampe 
en koliek 

gepaardgaan. 



Figure 1.10 



1.1.9 Assessering 



LU3 


HISTORIESE VERTOLKINGDie 


leerder is in 


staat om aspekte 


van die 


geskiedenis te interpreteer. 


Dit is duidelik wanneer die leerder: 


3.1 bronne interpreteer: 


• twee weergawes van 'n historiese 
bronne; 


gebeurtenis 


vergelyk 


deur gebruik te maak 


van visuele of geskrewe 


continued on next page 



3.2 die verlede rekonstrueer: 



onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting; 



3.3 voorstelling van die verlede maak: 



• items identifiseer en selekteer van 'n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra 
tot 'n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap. 



Table 1.2 



1.1.10 Memorandum 

d) Primer: Dit kom vanaf die Latynse woord wat "eerste" beteken. 

Die bron is geskep in die tyd toe die gebeurtenis plaasgevind het - dus die oorspronklike bron. 

Dit is baie kosbaar, en hoe verder mens in die tyd beweeg, hoe minder primere bronne is beskikbaar, 
want dit word beskadig of raak weg. 

Voorbeelde: dagboekinskrywings, briewe, sketse, skilderye, foto's, ens. 

Sekonder: Dit ontstaan nadat 'n gebeurtenis plaasgevind het. 

Dit berus by, of kom vanaf primere bronne. 

Die rotstekening is dus 'n sekondere bron. 

b) i) Carter 

ii) lewer, hoofpyn 

iii) Effektiewe medisyne 

iv) Val siekte aan of verdedig liggaam teen siekte 

v) Apteke, Engeland 

vi) "small price" 

vii) 1^ d = 1 pennie (± 1 sent), Is (sjieling) : 12 pennies 

viii) Geveg tussen siekte en herstel (goeie, kwade) 

(Ouer mense ken nog die pille!) 

1.2 Jenner oorwin pokke 2 

1.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

1.2.2 Graad 6 

1.2.3 ONTWIKKELING VAN DIE MEDIESE WETENSKAP 

1.2.4 Module 2 

1.2.5 JENNER OORWIN POKKE 

Verskeie wetenskaplikes het aan die begin van die 19de eeu hard gewerk om middels teen dodelike siektes te 
vind. Siektes waaraan mense tot onlangs oorlede is, soos pokke, hou vandag nie meer so 'n groot gevaar vir 
die mens in nie. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24215/l.l/>. 



10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Wetenskaplikes is deesdae besig om teenmiddels vir ander siektes wat die mens bedreig, byvoorbeeld 
kanker en MIV/VIGS, te soek. 

In die volgende afdeling sal julle uitvind watter persone belangrike bydraes gelewer het om gevaarlike 
siektes te oorwin. 

a) Die stryd teen pokke 

Lees meegaande artikel en beantwoord die vrae wat volg: 

VERSKRIKLIKE RAMP TREF KAAPSE SAMELEWING 

Kasteel die Goeie Hoop, 31 Desember 1755. Vanjaar is die Kaap weer getref deur die vreeslike poksiekte 
wat in 1713 so kwaai oor die hele land gewoed het. In daardie jaar het 'n skip Kaapstad aangedoen met 
matrose wat pokke onder lede gehad het. Honderde mense het gesterf en in die binneland is veral die Khoina 
swaar getref. Hele Khoina-stamme het uitgesterf, en dit het die mag van die Khoina finaal gebreek. 

Gedurende 1755 het 987 Vryburgers en 492 slawe aan die Kaap aan pokke gesterf. Op die platteland was 
die siekte nie so erg nie, waarskynlik omdat die boere van die Kaap af weggebly het toe hulle van die pokke 
gehoor het. 

Die besmetting is na die Kaap gebring deur 'n skip wat vanaf Ceylon (Sri Lanka) gekom het. Klere van 
mense wat aan pokke oorlede is, is deur ander mense opgekoop en so het die siekte vinnig versprei. Die 
goewerneur het daarna streng maatreels getref om te keer dat die siekte nie weer na die Kaap gebring word 
nie. 

Op 7 April 1756 is 'n dag van verootmoediging en gebed gehou. 

Aangepas uit:A. Boeseken: Die Nuusbode 

1.2.6 Aktiwiteit 1: 

1.2.7 Om jou verduidelikings oor pokke met relevante getuienis te staaf 

1.2.8 [LU 1.3] 

(i) Hoeveel pokke-epidemies het die Kaap getref? Skryf ook neer hoeveel mense ongeveer met elke epidemie 
gesterf het. 

(ii) Skryf twee dinge neer wat veroorsaak het dat die mense aan die Kaap pokke gekry het. 

(iii) Waarom is die mense op die platteland nie so erg deur die siekte getref nie? 

(iv) Jy is goewerneur aan die Kaap en jy moet sorg dat die Kaap nie weer deur die siekte getref word 
nie. Skryf 'n paar maatreels neer wat jy sal toepas om die Kaap te beskerm. 

(v) KLASGESPREK 

Vertel aan jou klasmaats wat jou maatreels sou wees om pokke aan die Kaap te voorkom. 

b) Edward Jenner oorwin die siekte 

Edward Jenner het teen die einde van die 18de eeu gehoor dat 'n boeremeisie se dat sy nie pokke kan 
kry nie omdat sy koeipokke gehad het. Mense het koeipokke gekry van die sere op koeie se uiers wanneer 
hulle die koeie gemelk het. Jenner het begin proefnemings (eksperimente) doen om 'n teenmiddel vir pokke 
te vind. 

Hy het 'n groot waagstuk aangegaan. Hy het 'n agtjarige seun, James Phipps, met koeipokke ingeent. 
Hy het 'n snytjie op die seun se arm gemaak en die vog van die sere op 'n melkmeisie se hand in die snytjie 
in gevryf. Die seun is later met regte pokkekieme ingespuit en hy het nie pokke gekry nie. Hy was immuun 
(gesout) teen die siekte. (Ek wonder of jy jou sou laat inent het as jy James was?) 

Jenner het die eksperiment verskeie kere herhaal en niemand wat ingeent is, het siek geword nie. Sy 
metode van inenting het gou bekend geword en in lande is dieselfde metode begin gebruik. 

Deur Jenner se werk is die mensdom van die gevaarlike siekte gered. Vandag kry mense nie eintlik pokke 
nie - die siekte is so te se uitgeroei. 

c) Opdrag 

Skryf neer wat jy dink Jenner in sy dagboek geskryf het nadat hy vir James Phipps met regte pokkekieme 
ingespuit het. 



11 
1,2,9 Assessering 



12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



• relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



Table 1.3 



1.2.10 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

a) i) Twee. In 1755 sterf ongeveer 1 479 mense 

(Ongeveer 15 persone uit 'n duisend het gesterf - 30 % was kinders) 

i) Skip vanaf Ceylon, klere 
ii) Meer gei'soleerd 
iii) Voer nuwe slawe in 

v) Vestig slawe op verskillende plekke 
vi) Verbrand siekes se klere 
vii) Stel groot byeenkomste aan die Kaap af 

• Verbied verhuring van klere (bv. vir begrafnisse) 

ix) Gereelde skoonmaak van beddegoed 

x) Strenger toesig en beheer oor aankomende skepe 



13 

1.3 Pasteur en Lister oorwin kieme 3 

1.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

1.3.2 Graad 6 

1.3.3 ONTWIKKELING VAN DIE MEDIESE WETENSKAP 

1.3.4 Module 3 

1.3.5 PASTEUR EN LISTER OORWIN KIEME 

Virusse, kieme en bakteriee is onsigbaar en is oral in die lug om ons teenwoordig. Wetenskaplikes se dat 
virusse miljoen keer kleiner is as 'n millimeter. Ons asem elke dag baie virusse in, maar gelukkig word ons 
nie altyd siek nie. (Ek wonder wat 'n rekenaarvirus is?) 

Die persoon wat uitgevind het hoe siektes werklik veroorsaak word, is Louis Pasteur. Hy het vasgestel 
dat die lug om ons vol kieme is, kieme wat so klein is dat dit net met 'n sterk mikroskoop sigbaar is. Hierdie 
kieme veroorsaak dat, onder meer, kos en melk gou sleg word as dit nie op die regte manier bewaar word 
nie. 

Die ontdekking van die proses wat Pasteur beroemd gemaak het, dra ook sy naam: pasteurisasie. Hy 
het bewys dat voedsel lank bewaar kan word as dit kiemvry is. Hy het gevind dat as melk verhit word tot 
onderkant kookpunt en weer dadelik afgekoel word, die kieme of bakteriee daarin doodgaan. Hierdie proses 
word pasteurisasie genoem en word vandag in melkerye gebruik. 

Hierdie ontdekking het gemaak dat feitlik alle kossoorte, bv. vleis, vis, groente en vrugte kiemvry in 
houers of blikkies ingemaak kan word. Die voedsel word in die blik gekook totdat dit kiemvry is en dan 
verseel. Hierdie voedsel kan lank veilig bewaar word. 

1.3.6 Aktiwiteit 1: 

1.3.7 Hoe om bronne te bekom en te gebruik 

1.3.8 [LU 1.2, 2.1] 

KLASGESPREK 

a) Gebruik meegaande vrae om die gesprek te begin. Daarna kan Jul Jul eie vrae vra! 

• Watter melk is die veiligste om te drink: die melk in 'n houer in die kafee, of die heerlike vars melk 
wat op 'n plaas gekoop word en direk van die koeie kom? Hoekom? 

• Se hoe Jul melk kiemvry kan maak. 

• Soek vyf voedselitems in Jul huis en kyk op die etikette of dit gepasteuriseer is. 

• Hoekom hou blikkieskos lank? 

b) Navorsing 

Die entstof teen die gevreesde hondsdolheid is seker een van Pasteur se belangrikste ontdekkings. Hy kon 
nie die oorsaak van die siekte vasstel nie, want die virus was te klein om met sy mikroskoop waar te neem. 
Hy het egter entstof uit die rugmurg van besmette hase gemaak om mense te behandel wat deur dol honde 
gebyt is. Die entstof het hy op 6 Julie 1885 op 'n negejarige seun, Joseph Meister, wat drie dae tevore deur 
'n dol hond gebyt is, gebruik. Die seun het gesond geword en die entstof was 'n groot sukses. Verder moet 
jy self in 'n boek gaan naslaan wat gebeur het . . . 

Verskaf die spesifieke woord(e) wat jou gehelp het om die res van bg. inligting te bekom in die: 

• Inhoudsopgawe 

• Indeks 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24216/l.l/>. 



14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1.3.9 Aktiwiteit 2: 

1.3.10 Om te verstaan dat verskillende sieninge oor pasteur reg of verkeerd kan 

wees 

1.3.11 [LU 2.1] 

Louis Pasteur wil graag hierdie entstof teen hondsdolheid vir die eerste keer op 'n mens toets. 



Verduidelik namens horn wat die moontlikhedekan wees indien die eksperiment slaag. 
Wat gaan sy alternatiewe wees as dit misluk? 
Watter keuse het Pasteur gemaak? 
Wat sou jy gedoen het? Hoekom? 



Hou 'n klasgesprek oor die volgende en voltooi dan die opdragte. 

• Watter lewensles wil hy vir ons leer? 

• Noem vier mooi eienskappe van Pasteur. 

• Jy word gevra om 'n inskripsie op 'n gedenksteen wat vir Louis Pasteur opgerig gaan word, te skryf. 
Skryf dit in die raam hieronder. 

Pasteur, die harde werker, het een keer gese: "Hierdie drie dinge: wil, werk en sukses dek ons hele lewe. 
Wil maak die deur na skitterende en gelukkige loopbane oop, werk stap oor die drumpel, en aan die einde 
van die reis kom sukses om ons pogings te bekroon." 

d) Joseph Lister: Vader van die moderne snykunde 

Operasies was gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu nog baie gevaarlik. Die meeste pasiente 
wat 'n operasie ondergaan het, het gewoonlik gesterf. Infeksie het in die wonde ingetree en die pasiente het 
aan bloedvergiftiging gesterf. 

Lees hieroor in die volgende aktiwiteit! 

Lister wou 'n oplossing vind. Nadat hy bewus geword het van Pasteur se ontdekking van kieme het hy 
besef dat die lug vol kieme (bakteriee) is wat die snywonde binnedring. Kieme het dus infeksie in die wonde 
veroorsaak. 

1.3.12 Aktiwiteit 3: 

1.3.13 Om kronologie en tyd te verstaan 

1.3.14 [LU 2.1] 

e) Opdrag 

(i) Jy het al agterkom dat veranderinge skielik of geleidelik plaasvind. Bestudeer die volgende bronne en 
skryf vyf ernstige probleme neer wat in die destydse hospitaalsaal/gang voorgekom het. Gebruik 'n aparte 
foliovel. 

BRON 1 

Lister het besluit dat alle instrumente en die snydokters se hande ontsmet (kiemvry) moes word. Hy het 
'n ontsmettingsmiddel ('n oplossing van karbolsuur) ontwikkel wat die kieme in wonde vernietig het. Hierdie 
middel het veroorsaak dat 'n roof oor die wond vorm en sodoende verhoed dat kieme die wond binnedring. 

Lister het sy nuwe metodes oor en oor bewys. Hy het dadelik begin om die dokters en verpleegsters op 
te lei om hul klere, hande en instrumente te ontsmet. Hy het 'n groot bydrae gelewer om operasies veiliger 
te maak en mense se lewens te red. 



15 




Figure 1.11 



BRON 2 

Hospitaal 

(i) Lees die uittreksel uit Lister se brief aan Pasteur en skryf drie pragtige eienskappe van Lister neer. 

"Laat my toe om u te bedank omdat u skitterende navorsingswerk my die waarheid getoon het van u teorie 
aangaande kieme as die oorsaak van verrotting. U het my die beginsel geleer wat my metode van antiseptiese 
behandeling so 'n sukses gemaak het. As u ooit in Edinburg kom, sal u beloon word deur in ons hospitaal 
te sien in watter groot mate die mensdom by u werk gebaat het ..." 

(iii) Hou 'n groepbespreking en vertel vir mekaar van 'n operasie wat jy al ondergaan het. Het Lister se 
ontdekking 'n invloed op jou siekte gehad? 

(iv) Maak 'n lys van al die voorsorgmaatreels wat vandag in hospitale getref word om infeksie in op- 
erasiewonde te voorkom. 



VOORSORGMAATREeLS WAT LANK GELEDE 
GETREF IS 


VOORSORGMAATREeLS WAT VANDAG GE- 
TREF WORD 






continued on next page 



16 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Table 1.4 



1,3.15 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



• relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



continued on next page 



17 



LU 2 

HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



• gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



2.2 oorsaak en gevolg: 



• redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks 
verduidelik; 



2.3 ooreenkomste en verskille: 



• sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer 
as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer. 



Table 1.5 

1.3.16 

1.3.17 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

Pasteurisasie (hittebehandeling) is die proses waartydens melk gesteriliseer word, m.a.w. kiemvry gemaak 
word. As melk tot net onder kookpunt verhit word, word skadelike kieme (bakteriee) wat dalk daarin mag 
wees, doodgemaak. So word melk veiliger om te drink, die voedingswaarde word behou en dit bly langer 
vars. Dit het later die weg gebaan vir die inle van voedsel en drank. Kos word in die blikke gekook om 
sodoende lug, wat skadelike kieme mag bevat, uit te dryf. Terwyl die blikke nog warm is, word dit verseel. 
Die inhoud bly dan baie lank goed. 

1.4 MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika 4 

1.4.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

1.4.2 Graad 6 

1.4.3 ONTWIKKELING VAN DIE MEDIESE WETENSKAP 

1.4.4 Module 4 

1.4.5 MIV/VIGS: DIE GEVREESDE SIEKTE VAN AFRIKA 

Daar bestaan vandag nog siektes waarvoor daar nie middels om dit te genees beskikbaar is nie. Ons kry 
elke jaar griep of siektes van nuwe virusse waarvoor antibiotika gevind moet word. Wetenskaplikes werk 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24217/l.l/>. 



18 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

voortdurend aan nuwe medisynes om cms lewens te beveilig. 

Een van die siektes wat mense in Afrika, ook SA, vandag vrees, is vigs. Baie navorsing is reeds hieroor 
gedoen en baie pasiente wat dit gehad het, is al genees of hul lewens is verleng. 

1.4.6 Aktiwiteit 1: 

1.4.7 Om die verskillende oorsake en gevolge van VIGS te verstaan 

1.4.8 [LU 2.2] 




Figure 1.12 



Ranker is ook 'n gevreesde siekte van ons tyd. Hou 'n klasgesprek oor die volgende: 

• Waarvoor word hierdie plakkertjie gebruik? 

• Is dit belangrik om geld vir hierdie organisasie te gee? 

• Waarom? 

• Watter ander gevreesde siektes bedreig ons samelewing? 

a) MIV/VIGS 

VIGS is vandag die gevreesde siekte van ons tyd en samelewing. Daar word beweer dat daar elke dag 
meer as 400 mense in Suid- Afrika met die virus besmet word. Die probleem is dat die wetenskaplikes nog 
nie 'n teenmiddel vir VIGS kon vind nie. As jy die siekte opdoen, kan jy daarvan sterf. 

Hou gerus 'n klasgesprek hieroor. 

b) Wat is MIV/VIGS? 

VIGS besmet die mens se liggaam deurdat dit die bloedstroom binnegaan en die immuniteitstelsel gelei- 
delik afbreek sodat die liggaam nie meer siektekieme kan beveg nie. Vigs self veroorsaak nie 'n mens se dood 
nie, maar dit verswak die liggaam so dat ander siektes die persoon se dood veroorsaak. 

c) Hoe kan 'n mens vigs opdoen? 

Hou 'n klasgesprek oor van die maniere van Vigs-oordrag. 

• Homoseksuele kontak 

• Heteroseksuele kontak 

• Bloed en bloedprodukte 

• Oordrag by geboorte 

• Oor-en-weer gebruik van besmette spuitnaald 

d) Opdrag oor die gevolge van Vigs 

Bestudeer die volgende sketse en bespreek dit in Jul groepe. Hou daarna 'n klasgesprek oor die vrae. 
ONTHOU: Julie moet dit nie as 'n grap beskou nie, maar as 'n manier om meer oor die siekte uit te vind 
om te verseker dat mense nie VIGS opdoen nie. 

• V = verworwe (nie aangebore) 

• I = immuniteits (te doen met weerstand teen siektes) 



• G = gebrek (tekort aan) 

• S = sindroom (kompleks van verskynsels wat 'n siektetoestand aandui) 



Hoe werk die siekte? 



Liggaam se soldaat 



Dood kieme 




Figure 1.13 




Figure 1.14 




Figure 1.15 



19 



Vigs-virus val aan 



20 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



9 e 







'rjr 



Figure 1.16 



Liggaam se soldaat dood. Ander kieme dring liggaam binne 

e) Watter higienemaat reels moet te alle tye gevolg word? Bespreek die volgende in pare: 



o 




Figure 1.17 




Figure 1.18 



21 




Figure 1.19 




Figure 1.20 



22 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 




Figure 1.21 



BAIE BELANGRIK 

Jy hoef nie bang te wees dat jy die siekte sal opdoen nie. As jy bogenoemde dinge onthou en nakom, 
kan jy gerus wees en normaal met jou lewe voortgaan. As mens onverskillig lewe, bestaan daar altyd 'n 
moontlikheid dat mens VIGS kan opdoen. 

WEES VERSIGTIG EN WEES GERUS! 

f) As kenner word jy gevra om 'n kort artikel vir 'n internasionale tydskrif oor die erns van VIGS in 
Suid-Afrika te skryf. Verduidelik eers kortliks die oorsake en gevolge daarvan. Verskaf daarna 'n plan van 
aksie om die probleem effektief aan te spreek. 



1.4.9 Assessering 



LU 2 



HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



2.2 oorsaak en gevolg: 



• redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks 
verduidelik; 



continued on next page 



23 
2.3 ooreenkomste en verskille: 



• sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer 
as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer. 



Table 1.6 



1.4.10 

1.4.11 Memorandum 
a) Statistiek oor Vigs 

• 20 miljoen mense is die laaste 20 jaar dood aan Vigs (in die jaar 2000 alleen sterf 3 miljoen mense). 

• SA was in 2001/2002 die land in die wereld met die vinnigste groeiende voorkoms van MIV/VIGS. 
Daar word ongeveer elke minuut iemand gei'nfekteer. As dit so voortgaan, sal 500 000 mense teen 
2008 in SA jaarliks aan Vigs sterf. Dit kan die gemiddelde leeftyd van Suid-Afrikaners tot net 40 jaar 
verkort. 

c) Hoe mens Vigs kan opdoen - Oorsake 

• Daar is twee soorte MIV wat Vigs veroorsaak. Dit is virusse wat by ape voorkom en aangepas het by 
menslike draers. 

• Dit word oorgedra deur liggaamsvloeistowwe - veral mense wat 'n onverantwoordelike sekslewe lei. 
Dit kan ook deur bloed oorgedra word - dus moet mens nooit aan iemand anders se bloed raak nie. 
Moeders kan dit ook aan hul ongebore babas oordra. 

b/d) Wat is MlV/Vigs en die gevolge daarvan? 

• Die Menslike Immuniteitsgebrek- Virus val die immuniteitselle aan wat die liggaam teen siektes beskerm. 

• Dit vermeerder vinnig en vernietig al hoe meer van die selle. Wanneer iemand dan 'n siekte soos 
longontsteking of tuberkulose kry, kan die liggaam nie weerstand bied nie en sterf die persoon. 

• Antiretrovirale middels en medisyne kan slegs die persoon se lewe verleng, maar nie die siekte voorkom 
nie. Geen voorkomende entstof is nog ontwikkel nie. 

c) Voorkoming 

• Ons moet die regering help om armoede te verlig (bv. skoon water, voldoende sanitasie, skoolvoed- 
ingsprogramme) . 

• Mediese sorg vir moeders en hul pasgebore babas, asook medikasie teen Vigs. 

• Opleidingsprogramme oor 'n gesonde leefstyl. 



24 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Chapter 2 

Kwartaal 2 



2.1 Vreedsame protes tot die 1950's 1 

2.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

2.1.2 Graad 6 

2.1.3 Die pad na demokrasie in SA sedert 1910 

2.1.4 Module 5 

2.1.5 VREEDSAME PROTES TOT DIE 1950'S 

2.1.6 Aktiwiteit 1: 

2.1.7 Om bronne te gebruik oor vreedsame protes in die 20's en 3o's 

2.1.8 [LU 1.2] 

VREEDSAME PROTES IN DIE 1920'S EN 1930'S 

(a) Vul die ontbrekende name van die republieke en kolonies voor 1910 op die kaart in. 
Gebruik jou eie bronne. 



lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24218/l.l/>. 



25 



26 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.1 



Op 31 Mei 1910 as Britse dominium (susterstaat) met Louis Botha as eerste premier gestig. Swartmense 
net egter nie stemreg gehad nie en kon nie aan verkiesings deelneem nie. Slegs in die Kaapprovinsie het 
Kleurlinge en sekere swartmense stemreg gehad. In reaksie hierop is die SANNC (South African Native 
National Congress) in 1912 onder leiding van eerwaarde John Dube in Bloemfontein gestig. Hul sou hul 
beywer vir geregtigheid en vryheid vir swartmense in SA. Hul was teen geweld en wou hul ideale deur 
redelikheid, geduld en volharding bereik. 

Tydens die 1920's was organisasies soos die Industrial and Commercial Worker's Union of SA van 
Clements Kadalie die grootste vakunie in SA. Hulle het verskeie stakings op plase, dorpe en stede aange- 
moedig. Botsings met die polisie het voorgekom en baie mense het gesterf. In 1923 is die SANNC se naam 
verander na die ANC (African National Congress). Hulle het egter in die 1930's byna tot niet gegaan weens 
interne verdeeldheid en fmansiele probleme. 

Massa-aksies teen apartheid in die 1940's en 50's 

In die veertigerjare, en veral na die Tweede Wereldoorlog, het wereldwye steun vir menseregte toegeneem. 
Ook die ANC het 'n herlewing beleef. Maar in 1948 het die Nasionale Party van dr. D.F. Malan die bewind 
oorgeneem en apartheid, wat reeds toegepas is, het amptelike landsbeleid geword en is streng toegepas. 
Swartmense kon voorheen openbare geriewe gebruik wanneer hulle wou en verskillende rasse kon met mekaar 
meng en trou. Nuwe wetgewing het dit egter verbied: 

- 1949: Wet op Gemengde Huwelike 

- 1950: Groepsgebiedewet (voorbeeld A) 

- 1952: Paswet 

- 1953: Wet op Afsonderlike Geriewe (voorbeeld C) 

So het die Bevolkingregistrasiewet (1950) alle Suid- Afrikaners in vier rassegroepe verdeel: Swart mense, 
Blankes, Indiers en Kleurlinge. Die wet het mense se hele lewe beperk: woonplek, werk, opvoeding en vryheid 



27 

van beweging. Kleurlinge in die Kaapprovinsie het hul stemreg verloor. Weens die Groepgebiedewet moes 
mense hul huise verlaat en woonbuurte soos Distrik Ses ontruim en na onontwikkelde dele op die Kaapse 
Vlakte trek. 

Hier volg drie voorbeelde waar wette grootskaalse ontevredenheid veroorsaak het: 

Voorbeeld A: Goepsgebiedewet 

(b) Gestel jy is 'n inwoner of opruimbeampte by Sophiatown. Bestudeer meegaande bronne en skryf dan 
'n kort briefie aan jou maat of maak 'n muurkaart waarin meer inligting verskaf word. Verskaf minstens twee 
bronne. 

(Onthou ook die wie, waar, wanneer, wat, waarom.) Hou eers 'n klasgesprek daaroor. Vergelyk dan Jul 
inligting met mekaar en pas dit aan, indien nodig. 

BRON A 



\il 



Jfflt Move 




Figure 2.2 



BRON B 



DEED OF SALE 



».~^ T JUj*Jti Jt^»&. 



Figure 2.3 



In 1955 moes Sophiatown aan die Wes-Rand (vandag Triomf), by Johannesburg, deur swart mense 
ontruim word. In Februarie 1955 is swart mense binne drie ure vanaf Sophiatown na Meadowlands (vandag 
deel van Soweto) verskuif. 

Voorbeeld B: Tuislande 

Tien tuislande is vir swart Suid- Afrikaners opsy gesit. Vier van die tuislande het volkome onafhanklik 
geword, maar is slegs deur die Suid-Afrikaanse Regering erken. Die tuislandbeleid is egter deur die meeste 
swart mense en die internasionale gemeenskap verwerp, omdat hul geglo het dat alle Suid- Afrikaners voile 
regte in SA moet he. 

(c) Vul die name van die voormalige tuislande teenoor die ooreenstemmende nommer in: 



28 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 







DieRSAtccn 1990 



Figure 2.4 



(a) B 

(b)L 

(c)V 

(d)G 

(e) Ka 

(f) Kw 

(g)T 

(h) C 

(i) Q 

(J) Kw 

Voorbeeld C: Wet op Afsonderlike Geriewe 

Swart mense wat in dorpe en stede gewerk het, moes vanaf 1952 'n pas (identiteitsdokument) by hulle 
gehad het, anders kon hulle tronkstraf opgele word. Hulle moes in lokasies (agterbuurtes) gaan bly. Al hoe 
meer massa-aksies het in die 1950's gevolg. Die ANC se ledetal het vanaf 7 000 tot 100 000 vermeerder. 



2.1.8.1 

(d) Beantwoord die vrae oor die volgende spotprent wat in 1953 verskyn het. Jul kan in pare saamwerk. 



29 




Figure 2.5 



• Hoekom lyk die twee persone (links) so verbaas? 

• Verklaar die afkorting: SAR&H. 

• Watter wet is hier ter sprake? 

• Verskaf jou eie onderskrif vir hierdie spotprent. 

• Wat het jy hieruit geleer? 

Hierna sou veral twee massa-aksies (Vryheidsmanifes, Alexandra-busboikotte) volg om swart mense se on- 
tevredenheid te demonstreer. 

Voorbeeld A: Vryheidsmanifes 

As 'n laaste poging tot vreedsame protes het swart mense hul regte en griewe amptelik bewoord. Die 
dokument staan as die Vredesmanifes bekend. Meer as 3 000 mense het op 25 en 26 Julie 1955 onder 
leiding van die Congress Alliance by Kliptown, net buite Johannesburg, byeengekom om die Vryheidsmanifes 
("Freedom Charter") te aanvaar (sien hieronder). Dit het 'n demokrasie, wat almal in SA verteenwoordig, 
met gelyke regte vir almal, bepleit. Die Vryheidsmanifes is deur verskeie politieke organisasies van alle 
rassegroepe onderteken. Die regering het egter die publikasie hiervan in 1981 verbied. 



30 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



(jgh-fifrarf 




\s> 



Figure 2.6 



Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan. 




Figure 2.7 



(e) Onderstreep die eise wat jy op hierdie skets sien op meegaande Vryheidsmanifes. 



31 




Figure 2.8 



(f) Ontwerp nou jou eie plakkaat van kinderregte en -voorregte. 

Hou eers 'n groepgesprek oor wat die basiese menseregte is wat elke mens toekom? Mense-regte is die 
vryheid wat elke mens behoort te he. 

Voorbeeld B: Alexandra-Busboikotte 

Op 9 Augustus 1956 stap ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria om protes teen die paswette 
aan te teken. Tydens Januarie 1957 het ongeveer 60 000 swart mense die PUTCO-busse aan die Rand 
geboikot toe vervoertariewe verhoog is sonder om hulle te raadpleeg. Baie kon die verhoging net nie bekostig 
nie. Hulle het die 15 km tussen Alexandra en Johannesburg se middestad gestap of met fietse afgele. Die 
boikot is beeindig toe daar ingestem is om die busmaatskappy te subsidieer. 



2,1,9 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



continued on next page 



32 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



• bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



Table 2.1 



2.1.10 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

(a) Kaapkolonie, Oranje-Vrystaat, Natal, Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) 

(b) Herman Tobransky het in 1897 'n stukkie grond 7 km wes van Johannesburg gekoop en na sy vrou 
Sophia vernoem. Toe 'n suiweringsaanleg en lokasie naby gebou is, verkoop hy die grond as klein plotte. Op 
10 Februarie 1955 is die 110 gesinne deur 2 000 gewapende polisiemanne op vragmotors na Meadowlands 
verskuif. 

(c) 

(a) Bophuthatswana 

(b) Lebowa 

(c) Venda 

(d) Gazankulu 

(e) Kangwane 

(f) KwaZulu 

(g) Transkei 
(h) Ciskei 
(i) Qwaqwa 
(j) Kwandebele 

(d) Swart vissies? 

South African Railways and Harbours 

Wet op Afsonderlike Geriewe (1953) 

Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan. 



33 

2.2 Swart verset in die 1960's enl970's 2 

2.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

2.2.2 Graad 6 

2.2.3 DIE PAD NA DEMOKRASIE IN SA SEDERT 1910 

2.2.4 Module 6 

2.2.5 SWART VERSET IN DIE 1960'S EN 1970'S 

2.2.6 Aktiwiteit 1: 

2.2.7 Om bronne te gebruik oor groeiende verset in die 1970's 

2.2.8 [LU 1.2] 

In 1959 het veral die jonger lede in die ANC weggebreek en die PAC (Pan African Congress) onder leiding 
van Robert Sobukwe gestig. Hul het geglo dat die ANC nie sterk genoeg optree nie. (Hul gewapende 
vleuel is Poqo genoem.) 

Hierna sou swart verset al hoe groter en dringender word. Die tragedie by Sharpville is 'n voorbeeld 
hiervan. 

2.2.8.1 SHARPVILLE 

Die PAC het in 1960 landswye protes teen die paswette georganiseer. Op 21 Maart 1960 het ongeveer 10 000 
swart mense by die polisiestasie in Sharpville, net buite Vereeniging, bymekaargekom om teen die paswette 
te betoog. Die polisie het bedreig gevoel en op hulle begin skiet en 68 betogers het gesterf en ongeveer 187 
is gewond. Hierdie voorval het wereldwye reaksie teen die SA regering veroorsaak. 'n Nadoodse ondersoek 
het aan die lig gebring dat die meeste van die betogers van agter geskiet is. 

Massaprotes, optogte en stakings het gevolg en 'n noodtoestand is in SA afgekondig. Meer as 22 000 mense 
is aangehou of gearresteer. Binne twee weke is die ANC en PAC verbied en hul leiers moes as bannelinge uit 
SA vlug. Oliver Tambo het die ANC se bevrydingstryd uit hul hoofkwartier in Zambie voortgesit, omdat 
die meeste binnelandse leiers in hegtenis geneem is. 

(a) Ondersoek meegaande skets in julle groep met behulp van die W-vrae. 

Bespreek eers die vrae wat volg met jou maat. 

• Wie het in opstand gekom? 

• Waar het die mense betoog? 

• Wanneer het die opstande plaasgevind? 

1.4 Waarom het die mense in opstand gekom? 
1.5 Wat het gebeur? 

• Watter vrae kom nog in jou gedagtes op? Skryf dit neer en ruil vrae met mekaar uit. 

• Dink aan Suid-Afrika vandag. Dink jy die mense se drome is bewaarheid? 

Toe die Republiek van SA in 1961 tot stand gekom het, is swart mense weer eens uitgesluit van die 
regeringsproses. Die tyd van vreedsame protes was verby en gewapende verset teen die regering het gevolg. 
Algaande het die ANC in 'n massabeweging verander. Lede van die ANC wat nie uit die land gevlug het 
nie, moes in die geheim optree. Die ANC en SAKP (Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party) het 'n geheime 
vleuel, Umkonto we Sizwe ("Spies van die Volk") - bekend as MK - gestig en met bomaanvalle en sabotasie 
teen die regering begin. Nelson Mandela was die eerste bevelvoerder van MK. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24224/l.l/>. 



34 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 








Figure 2.9 



Graiiese voorstelling van 'n foto oor die tragedie van Sharpville 

Sewentien toonaangewende ANC-leiers is egter op 11 Julie 1963 by Rivonia in Gauteng deur die polisie 
in hegtenis geneem, terwyl hulle 'n rewolusie teen en oorname van die regering beplan het. Walter Sisulu 
en Nelson Mandela was deel van die agt wat aan sabotasie tydens die Rivoniaverhoor skuldig bevind is. 
Laasgenoemde is op 200 aanklagte van sabotasie skuldig bevind en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. 

Geweld, sabotasie en bomaanvalle het toegeneem ten spyte van die regering se streng optrede. In die 
WO is daar op meer sanksies teen SA besluit. 

76 SOWETO-OPSTANDE 

Op 16 Junie 1976 het duisende swart skoliere, veral in Soweto, teen die regering betoog, onder andere teen 
die beleid dat die helfte van hul klasse in Afrikaans moet wees, asook vir behoorlike politieke, ekonomiese en 
sosiale regte. Daar was weer landswye oproer en opstande in swart woonbuurte toe die polisie op betogers 
geskiet het. Baie mense het gesterf. Die Erika Theron-kommissie het daarna aanbeveel dat SA se grondwet 
verander moet word sodat ander bevolkingsgroepe ook aan die regering kan deelneem. 

Hierna het elke Onderwysdepartement die reg verkry om te besluit in watter tale onderrig in sy skole 
aangebied sou word. 

(b) Beantwoord die volgende vrae oor meegaande bron. 




Figure 2.10 



35 

Hierdie aangrypende skets van 'n foto deur Samuel Nzima, van die dertienjarige Hector Petersen, vertel 
van die eerste sterfgevalle tydens die Soweto-opstande van 1976. 

• Wie word gedra? 

• Wat het met horn gebeur? 

• Wanneer het dit gebeur? 

• Waar het dit gebeur? 

• Waarom het dit gebeur? (Waarom het die polisie geskiet?) 

• Waartoe het dit gelei? 

• Wat verstaan jy nie? 

c) Waarom het onderstaande berig in Engels verskyn? 



J O PQ P OooaoaaaociCJ C iCJ C iCi L iC^^ 



q 



r 

LANGUAGE IS "UP TO SCHOOLS" - BOTHA 

i 

i John Patten, i 

1 Political Correspondent 

i The Minister of Bantu Education, This important policy shift comes 

] Mr M.C. Botha, has decided Black in the wake of the riots in Soweto and 

secondary and higher primary on the Reef last month and following 

i schools under his department may a series of urgent discussions between [ 

] decide for themselves what medium the Bantu education authorities and 

1 of instruction to use... Soweto leaders in the past ten days. 

a o a oooaoao o o a p a opoapaoao a oaoaoaoa oa o o o ogpnoJ 



Figure 2.11 



Uit: The Star, 6 Julie 1976 



36 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.12 



In 1977 sterf Steve Biko, leier van die swart Bewussynsbeweging, aan 'n breinbesering na 24 dae in 
polisieaanhouding. Daar is tydens 'n mediese ondersoek bevind dat hy in die gevangenis geweldige heme 
teen sy kop moes gekry het. Sy dood het tot bittere verwyt en verontwaardiging, in die buiteland en veral 
onder swart mense, gelei. In reaksie het die regering 17 organisasies en twee koerante verban. Die Swart 
Bewussynsbeweging wou veral swart selftrots aanwakker. 



2,2,9 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



continued on next page 



37 
Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



• relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



Table 2.2 



2.2.10 Memorandum 

Aktiwiteit 1 
(a) 
(1.1) Swart mense 

• Sharpeville-polisiestasie, buite Vereeniging 

• 21 Maart 1960 

• Betoog teen paswette (van 1952) 

(1.5) 'n Anti-pasoptog is deur die PAC by die Sharpeville-polisiestasie gereel. Die polisiestasie is omsingel 
en polisieversterkings is ontbied. In die proses is 69 mense doodgeskiet en 178 gewond. 

(b) 

(i) Hector Petersen 

(ii) Polisie het op betogers geskiet. Hy is per ongeluk noodlottig gewond. 

(iii) 16 Junie 1976 

(iv) Soweto, Johannesburg 

(v) Sien (ii) 

(vi) Korttermyngevolge sluit in: 

• Landswye oproer en opstande in veral swart woonbuurte het voortgeduur, waarin baie mense gesterf 
het. 

• Sanksies teen Suid-Afrika het toegeneem. 

• Skole het hierna die reg verkry om te besluit in watter tale onderrig aangebied sou word. 

• Baie jongmense verlaat Suid-Afrika en gaan woon in ballingskap oorsee. 

• Die regering verander sekere dinge, maar die land is nog nie 'n demokrasie nie. 

(c) The Star is 'n Engelstalige koerant. 



38 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



2.3 Noodtoestand in die 1980's 3 

2.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

2.3.2 Graad 6 

2.3.3 DIE PAD NA DEMOKRASIE IN SA SEDERT 1910 

2.3.4 Module 7 

2.3.5 NOODTOESTAND IN DIE 1980'S 

'n Nuwe grondwet, wat slegs Blankes, Kleurlinge en Indiers ingesluit het, het in 1983 onder leiding van P.W. 
Botha (Staatspresident) tot stand gekom. Swart mense moes egter in tuislande geakkommodeer word. 

Op 20 Augustus 1983 het sowatl5 000 mense van 575 organisasies wat onder andere werkers, die jeug en 
kerke ingesluit het, die UDF (United Democratic Front) in Kaapstad gestig. Hulle het, ter ondersteuning 
van die ANC, boikotte, betogings en stakings teen die regering gereel. 

Skole-, verbruikers-, en huurboikotte het algemeen voorgekom. In baie swart "townships" was sogenaamde 
"liberated zones" waarin die polisie nie toegelaat is nie. Bunduhowe en "necklacing" het voorgekom. 

COSATU (Congress of South African Trade Unions), tans die grootste vakbond in SA, is ook gestig. 

'n ANC-motorbom (60 kg) dood 19 en wond 216 mense in Kerkstraat in Mei 1983 in Pretoria. Die teiken 
was die SAL-kantore. 




Figure 2.13 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24226/l.l/>. 



39 

Bomontploffing by die Nedbankgebou in Kerkstraat, Pretoria - 1983 
Bekom jou eie bronne hieroor. 

2.3.6 Aktiwiteit 1: 

2.3.7 Om die verlede te rekonstrueer 

2.3.8 [LU 3.1] 

(a) Interpreteer (verstaan) die vorige bron, asook jou eie bronne, en probeer die waarheid vasstel - veral 
waar daar verskillende sienings oor die verlede bestaan. 

• Wie het die bom geplant? 

• Wat is feite en menings oor die gebeure? 

• Onder watter omstandighede in ons land se geskiedenis het die gebeurtenis 
plaasgevind? 

• Hoe belangrik is die bron? 

• Hoe dink jy het die mense op die toneel gevoel? 



• Verskaf jou eie opskrif. 



• 



Wat het jy hieruit geleer? 



INKATHA 

Inkatha Yenkululeku Yesizwe is in 1975 as 'n nasionale en kulturele bevrydingsbeweging onder Zoeloes 
gestig. Daar het aanvanklik 'n goeie verhouding tussen die ANC en Inkatha geheers. Maar in 1979 kon hul 
afvaardigings nie in Londen konsensus bereik oor wie die leiersrol in die bevrydingstryd sou neem nie. In 
Julie 1990 word Inkatha 'n politieke party- die Inkatha Vryheidsparty (IVP). 

Die president van die IVP, dr. Mangosuthu Buthelezi, het die UDF verwerp as 'n "mag van onenigheid", 
want die Zoeloes was volgens horn onwelkom in die organisasie. Die meeste Zoeloes het by die IVP aangesluit. 
As teenvoeter vir COSATU, stig Buthelezi UWUSA (United Workers Union of SA). 'n Bloedige stryd wat 
al duisende lewens opgeeis het, het tussen die ANC- en IVP-ondersteuners losgebars. 

In Julie 1985 moes 'n noodtoestand weer in SA uitgeroep word, want onrus het deur SA versprei. Groter 
magte is aan die weermag en polisie toegeken. Veldtogte is deur swart mense geloods om swart woongebiede 
onregeerbaar te maak. In 1986 is die paswette en wette teen gemengde huwelike herroep. (Tussen 1916 en 
1985 was ongeveer 17 miljoen mense egter gearresteer as gevolg van die paswette.) Die noodtoestand het tot 
in 1980 van krag gebly. 

(b) Noem kortliks die volgende swart leiers in die swart weerstandstryd se bydrae tot 
menseregte — dit kom soms erens in die module voor.(Die beginletter van hul naam word in hakies 
verskaf) . 



40 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




2.3.9 

2.3.10 Assessering 



Figure 2.14 



1(A) 










2(S) 






3(N) 






4(0) 






5 (W) 






6 (M) 







Table 2.3 



LU3 


HISTORIESE VERTOLKINGDie 


leerder is in 


staat om aspekte 


van die 


geskiedenis te interpreteer. 


Dit is duidelik wanneer die leerder: 


3.1 bronne interpreteer: 


• twee weergawes van 'n historiese 
bronne; 


gebeurtenis 


vergelyk 


deur gebruik te maak 


van visuele of geskrewe 


continued on next page 



41 
3.2 die verlede rekonstrueer: 



onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting; 



3.3 voorstelling van die verlede maak: 



• items identifiseer en selekteer van 'n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra 
tot 'n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap. 



Table 2.4 

2.3.11 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

(a) 

(1.1) ANC 

(1.3) In Augustus 1983 het 575 organisasies in Kaapstad die UDF (United Democratic Front) gestig. 
Meer boikotte, stakings en betogings teen apartheid is gereel. Vanaf 1984 het die stryd teen apartheid 
toegeneem. Swart woongebiede was onregeerbaar en onrus het deur Suid-Afrika versprei. 'n Noodtoestand 
is afgekondig. 

• Verskaf (te) min inligting. 

(b) 

(1.1) Albert Luthuli 

(1.2) Stephen Biko 

(1.3) Nelson Mandela 

(1.4) Oliver Tambo 

(1.5) Walter Sisulu 

(1.6) Mangosuthu Buthelezi 

2.4 Die 1990's: Apartheid eindig - menseregte begin 4 

2.4.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

2.4.2 Graad 6 

2.4.3 DIE PAD NA DEMOKRASIE IN SA SEDERT 1910 

2.4.4 Module 8 

2.4.5 DIE 1990's: APARTHEID EINDIG - MENSEREGTE BEGIN 

Toe F.W. de Klerk vir P.W. Botha in 1989 as president opvolg, was SA in 'n toenemende krisis vanwee 
internasionale sanksies gedompel. Die regering het besef dat hul nie sonder 'n noodtoestand kan regeer nie 
en dat hul met die swart meerderheid moes onderhandel. Op 2 Februarie 1990 is die ANC, PAC, SAKP en 
33 ander organisasies gewettig. Nege dae later, op 11 Februarie, is Nelson Mandela na 27 jaar vrygelaat. 
(SWA, vandag Namibie, het ook in 1990 onafhanklik geword.) Die Groepsgebiedewet is in 1991 herroep. 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24227/l.l/>. 



42 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



NUWE GRONDWET 

In 1990 en 1991 is die laaste apartheidswette geskrap en die SA regering het vir die eerste keer in 78 jaar 
met die ANC begin onderhandel. Dit het gelei tot die Groote Schuur-ooreenkoms. KODESA (Konvensie vir 
'n Demokratiese SA) het begin (Engels: CODES A). Dit was 'n reeks vergaderings waarin verskeie politieke 
partye en organisasies met mekaar onderhandel het om 'n tydelike, regverdige en demokratiese grondwet 
daar te stel. Aan die einde van 1993 is daar op 'n verkiesingsdatum ooreengekom. 

2.4.6 Aktiwiteit 1: 

2.4.7 Om die verlede te rekonstrueer 

2.4.8 [LU 3.3] 

(a) Hou 'n klasgesprek oor meegaande drie bronne. Gebruik ook jou eie bronne. Vertel die gebeurtenis uit 
die verskillende leiers se perspektief. 



i ANDY'S 




Cape Times 









b»sti>*iin I rOI OCCJtllDNWUI 

mt nt*a n n | f f -ki-i-— — - | muuiiI 



tb l> M I, «TJ 



MOhDA¥. mWR ill»o in.i— . ri'TV "T" 



lilian salmon 



FREE AT LAST 



Figure 2.15 



BRON A 



43 




Figure 2.16 



BRON B 

Onderhandelinge tussen Mandela en De Klerk 



44 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.17 



BRON C 

Nelson Mandela en F.W. de Klerk ontvang die Nobelprys vir Vrede. 

UIT: Benjamin, A. 1990. The Alternative Mandela Album. Johannesburg: Argus. 



2.4.9 Aktiwiteit 2: 

2.4.10 Om voortdurend bewus te wees van meer as een siening oor die verlede 

2.4.11 [LU 3.1] 

(a) Meegaande bronne weerspieel mense se sieninge van die 90's As historikus behoort jy 
inligting uit verskillende bronne te selekteer en aan te bied (kommunikeer). Beantwoord nou 
die volgende vrae oor meegaande bronne in julle groepe. 



45 




Figure 2.18 



BRON B 
BRON A 

The Sowetan, 12 Julie 1990 



46 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.19 



BRON B 
Die Burger, 10 Mei 1990 

• Wat word deur die donker wolke voorgestel? (bron A) 

• Hoekom is almal so haastig om van die wolke af weg te kom? (bron B) 

• Het die donker wolke in die 90's verdwyn, volgens bron B? Motiveer. 

• Sou jy beide bronne as waardevol beskou ten opsigte van die SA geskiedenis in die 90's? 

(b) Beantwoord meegaande vrae oor die verkiesing. 

Tydens April 1994 het die eerste ware demokratiese verkiesings in SA plaas-gevind. Op watter vakan- 
siedag word hierdie gebeurtenis herdenk? 



47 







r4 WAT>»6££ 
MAAR Vie STOKKie! 








Figure 2.20 



VREDE . . . MENSEREGTE . . . UITEINDELIK! 

Die ANC wen die eerste verkiesing en Nelson Mandela word die eerste swart president van die "nuwe SA". 

(c) Verduidelik die twee leiers se gedagtes. 

Hoe het die wereld dit ervaar? 

Hoe ondersteun SA se nuwe grondwet menseregte? 

Tydens die inhuldiging van Nelson Mandela was die grootste groep staatshoofde en belangrike leiers in 
die geskiedenis om ooit 'n inhuldiging by te woon, teenwoordig. SA is met ope arms terugverwelkom in die 
wereldgemeenskap. Hier is enkele voorbeelde daarvan: 

• In Mei 1994 is SA na meer as 30 jaar weer as lid van die OAE (Organisasie van Afrika-Eenheid) 
toegelaat. 

• Op 23 Junie 1994 kon SA vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting in die WO neem. 

• In 1995 bied SA die Wereldbeker Rugbytoernooi aan en die Springbokke word as wereldkampioene 
gekroon. 



48 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

2.4.12 Aktiwiteit 3: 

2.4.13 Om tyd te verstaan deur ingewikkelde gebeure in die korrekte volgorde 
te plaas 

2.4.14 [LU 2.1] 

• Stel nou jou eie, leerdervriendelike tydlyn saam oor die pad na demokrasie en menseregte in SA. Plaas 
die belangrikste gebeure in die korrekte volgorde. 



2.4.15 Assessering 



LU 2 



HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



• gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



2.2 oorsaak en gevolg: 



• redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks 
verduidelik; 



2.3 ooreenkomste en verskille: 



• sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer 
as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer. 



LU3 



HISTORIESE VERTOLKINGDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 bronne interpreteer: 



• twee weergawes van 'n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe 
bronne; 



continued on next page 



49 
3.2 die verlede rekonstrueer: 



onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting; 



3.3 voorstelling van die verlede maak: 



• items identifiseer en selekteer van 'n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra 
tot 'n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap. 



Table 2.5 



2.4.16 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

(a) In 1990 het FW de Klerk in die parlement aangekondig dat groot veranderings in Suid-Afrika gaan 
plaasvind, insluitende die volgende: 



• 



Geen aparte geriewe meer nie. 

Politieke gevangenes word vrygelaat - bannelinge kan terugkeer. 

Verbode politieke partye sal ontban word, en beperkings sal opgehef word. 

Omdat Mandela en De Klerk sleutelrolle gespeel het in die afskaffing van apartheid, het hul in 1993 
die Nobelprys vir Vrede gedeel. (Sien ook berig oor nuwe grondwet op p. 19) 



(b) 27 April: Vryheidsdag 

IVP: Hoofman Buthelezi 

DA: Tony Leon 

NNP: Marthinus van Schalkwyk 

ANC: Thabo Mbeki 

(Soos in Maart 2004) 

(e) Die verkiesing was 'n uitstaande mylpaal in die 20ste eeu. Die internasionale gemeenskap het Suid- 
Afrika dadelik terugverwelkom: 

• Suid-Afrika is reeds in 1993 toegelaat om aan die Wereld Atletiekkampioenskappe deel te neem. 

• Op 23 Junie 1994 het Suid-Afrika vir die eerste keer in 20 jaar weer sitting by die WO ingeneem. 

• In Mei 1994 vorm Suid-Afrika weer deel van die OAE. 

Die grondwet is in 1996 deur die Grondwetlike Vergadering opgestel. Dit is die hoogste en belangrikste wet 
in die land. Die grondwet se vir die regering watter mag hulle het en hoe hulle die land moet regeer. Die 
grondwet maak ook voorsiening vir die vlakke van regering: plaaslik, provinsiaal en nasionaal. Die Handves 
van Menseregte vorm deel van die grondwet 



50 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Chapter 3 

Kwartaal 3 



3.1 Waarom stel mense hul lewens in gevaar om na die vreemde te 
reis? 1 

3.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

3.1.2 Graad 6 

3.1.3 ONTDEKKINGSREISE IN AFRIKA 

3.1.4 Module 9 

3.1.5 WAAROM STEL MENSE HUL LEWENS IN GEVAAR OM NA DIE 
VREEMDE TE REIS? 

3.1.6 Aktiwiteit 1: 

3.1.7 Om tussen ontdekkers van verskillende tydperke te onderskei 

3.1.8 [LU 2.3] 

Ons lees in baie boeke van beroemde ontdekkers wat plekke en lande ontdek het, maar in werklikheid was 
hulle nie die eerste persone wat die land of plek gesien het nie. Die plaaslike inwoners was eerste daar en het 
reeds baie van die lande of plekke baie goed geken. Hierdie beroemde persone is dus nie die ware ontdekkers 
nie, maar slegs die mense wat die gebiede aan die wereld bekendgestel het. Daar is wel mense wat gebiede 
of lande ontdek wat nog nooit voorheen deur enige persoon gesien of van gehoor is nie. Ontdekking is dus 
'n manier waarop mense inligting van plekke of iets versamel en dit dan aan die wereld bekendstel. 

Afrika is 'n goeie voorbeeld van 'n kontinent waar daar reeds mense was, maar hulle het nie oor die nodige 
tegnologie beskik om sekere inligting aan die wereld bekend te maak nie. Hiervoor kan ons baie dankbaar 
wees teenoor ontdekkers wat wel die kontinent besoek het. 

a) Beskryf nou in jou eie woorde wat jy dink 'n ontdekker was en vandag is. 

b) Kan die oermense as die eerste ontdekkers beskou word? Hoekom? 

c) Jul is deel van 'n span oer-ontdekkers wat 'n nuwe gebied moet gaan verken. Wat sal 
Jul met Jul terugkoms saambring om die mense te oortuig dat Jul (soos ware ontdekkers) iets 
nuut ontdek het. 

Dit is eers heelwat later dat ontdekkers kaarte begin teken, dagboeke gehou of boeke oor hul ervarings 
geskryf het. 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24232/l.l/>. 



51 



52 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



d) Bestudeer onderstaande uittreksel uit 'n dagboek en kyk of jy weet watter siekte hy 
beskryf het? 



• Is dit 'n goeie beskrywing? 

• Hoe word die siekte in ons tyd behandel? 




Figure 3.1 



e) Waarom het die volgende dinge mense van verskillende tye aangespoor om vreemde gebiede 
te verken? Geld dit vandag nog? 



53 




Figure 3.2 



roepwerk! 

f) Kom ons kyk of julle groep kan se hoekom die volgende mense na Afrika gekom het. Die 
kolom regs verskaf al die moontlikhede. (Sekere inligting is in leereenheid twee versteek!) 



Persoon 


Rede vir koms 


Redes 


V.O.C. (2) 






Mungo Park 






Rene Caillie 






Burton en Speke 






Livingstone (2) 






Stanley 







Table 3.1 



g) Hoekom het vroee reisigers verkies om die landroete in plaas van seeroete te gebruik? 
(Wenk: Skommel die letters in die korrekte volgorde.) 



sneseertom 


romsts 


weesenid 


? 


S e 


S s 


S e 







Table 3.2 

Die onbekende en onopgeloste raaisels van Afrika het al hoe meer avonturiers gelok! 



54 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 




Figure 3.3 



So het 'n Griekse seeman, Diogenus, geskryf van twee wit berge in die binneland van Afrika. Hy het 
geglo dat dit die oorsprong van die Nyl was. (Was dit?) 



3.1.9 Assessering 



55 



LU 2 

HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



• gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



2.2 oorsaak en gevolg: 



• redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks 
verduidelik; 



2.3 ooreenkomste en verskille: 



• sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer 
as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer. 



Table 3.3 



3.1.10 Memorandum 

AKTIWITEIT 1 

(a) Ontdekkers: Mense wat onbekende / nuwe produkte of plekke aan die wereld bekendstel. 

(b) Ja. Stel o.a. vuur bekend. 

(d) Malaria word deur die anofeles-muskiet aan mense oorgedra. Simptome is o.a.: koors, lusteloosheid, 
lomerigheid, vomering, los stoelgang, hoofpyn, stuiptrekkings. Die enigste manier om vas te stel of iemand 
wel malaria het, is om 'n bloedmonster te ontleed. Tablette, afweermiddels in smeer- en spuitvorm en 
muskietnette help om malaria te voorkom. Behandeling moet deeglik geskied. 

(f) 



voc 


Verversingspos, roete na die Ooste 


ParkBurton / Speke 


Oorsprong van (Niger)- 
rivierOorsprong van 

(Nyl)-rivier 


CaillieStanley 


GeldStop slawehandel 


continued on next page 



56 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Livingstone 


Sendingwerk, stop slawehandel 



Table 3.4 



(g) seestrome, storms, seewinde, bygelowe 



3.2 'Donker Afrika' lok baie avonturiers 2 

3.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

3.2.2 Graad 6 

3.2.3 ONTDEKKINGSREISE IN AFRIKA 

3.2.4 Module 10 

3.2.5 'DONKER AFRIKA' LOK BAIE AVONTURIERS 

3.2.6 Aktiwiteit 1: 

3.2.7 Om meegaande bronne te bestudeer en dan verslag daaroor te doen 

3.2.8 [LU 1.1, 1.2, 1.3] 

Gebruik die volgende tien bronne (of bekom nog bronne), sodat jy die opdrag later kan uitvoer. 



BRON A - Ontdekking van die wereld 


Europa en Britse Eilande 




Noord-Amerika 




China 




Amerika 




Australie 




Binneland van Afrika 




Noord- en Suidpool 




BRON B - Ontdekkers van Afrika 






1 


Ontdekkers v.C. 




2 


Suid- Afrikaners 




3 


Mungo Park 




4 


Twee Landers 




5 


Burton, Speke, Grant, Baker 




6 


Livingstone 










7 


Stanley 






Table 3.5 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24245/l.l/>. 



57 







Figure 3.4 



BRON C - "Enkele ontdekkings" in Afrika 



ONTDEKKINGSREISIGER 


DATUM(S) 


PLEKKE BESOEK 


1. Park 


1805 - 6 


Gambia en Nigerrivier 


2. Campbell 


1813 


Oranjerivier 


3. Moffat 


1820 


Griekwastad en Kuruman 


4. Caillil 


1827 - 8 


Timbuktu 


5. Die Lander broers 


1830 


Nigerrivier 


6. Galton en Andersson 


1850 - 2 


Walvisbaai, Namaqualand, Re- 
hoboth, Damaraland en Ovam- 
boland 


continued on next page 



58 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



7. Burton en Speke 


1857 - 8 


Tanganyikameer 


8. Speke 


1858 


Victoriameer 


9. Rohlfs 


1879 - 9 


Nylrivier 


10. Thomson 


1879 - 80 


Malawimeer 


11. Thomson 


1883 - 4 


Kilimanjaro 


12. Stanley 


1887 - 9 


Zanzibar 


13. Forreau 


1898 - 1900 


Kongorivier 



Table 3.6 



BRON D - Ontdekkers van Suidelike Afrika 



600 v.C.1485 1488 1497 1652 




Farao IIDiogo Cao stuur see- 
manne na Afrika DiasDa Gama- 
Jan van Riebeeck 



Table 3.7 



BRON E - Francois le Vaillant (1753 - 1784) 




m 



\i. SUIDWES- 
P\ \ AFRIKA 



-> ./' 



BETSJOEANALAND 

Kalahari , 

Woestyn 







$k KAAPKOLONIE 

OSEAAN 







Knysna 



s^*?T^T . Plettenbergbaa 
Mosselbaai 



Figure 3.5 



59 



BRON F - Thunberg (1771- 1779) 

Hy besoek Mosselbaai, Plettenbergbaai, Namakwaland, Damaraland, Betsjoeanaland en die Kalahari. 




ATLANTIESE 



Figure 3.6 



Hy besoek die volgende plekke: Bergrivier, Knysna, Gamtoosrivier, Saldanha, St. Helenabaai, Hexrivier- 
berge, Swellendam, Kromrivier, Sondagsrivier 

BRON G - Mungo Park (1805 - 1806) 

Die mense is eerste gelok na Afrika deur die stad van rykdom, Timboektoe en om die oorsprong van 
die Nigerrivier te vind. In 1794 is Mungo Park (Skotland) gekies om die twee geheime te gaan opklaar. Sy 
reis het goed begin, maar later is hy besteel en in 'n tronk gegooi deur van die plaaslike regeerders. Hy het 
later wel daarin geslaag om te ontsnap en bereik tog die Nigerrivier. Sy ervaringe het hy opgeteken in sy 
boek: Travels in the Interior Districts of Africa. Sy tweede ekspedisie het in 1805 begin en het rampspoedig 
geeindig toe Park en sy manne verdrink het nadat hulle deur soldate aangeval is. Tot 1830 het mense probeer 
om die oorsprong van die Nigerrivier te vind, maar hulle was onsuksesvol. 

BRON H - Rene Caillie (1827 - 1828) 

'n Fransman, Rene Caillie, het gereageer op die beloning van 10 000 frank. In April 1828 bereik hy 
Timboektoe om uit te vind dat die stad verarm het en dat die handelskaravane nie meer die plek besoek het 
nie. Rene het wel sy beloning ontvang. 

BRON I - 1740-1838 

Ses mense sterf in die soektog na die oorsprong van die Nigerrivier: 

D. HughtonM. ParkF. HornemannJ. RitchieW. OudneyH. Clapperton 

BRON J - BURTON, GRANT EN SPEKE 

Vir miljoene mense was die Nylrivier in Egipte 'n belangrike bron van lewe. Elke dag het die mense van 
die Nyl se water gebruik, maar die oorsprong het altyd 'n groot geheim gebly. Reeds van vroeg af het die 



60 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

mense probeer om die oorsprong te vind, maar was onsuksesvol as gevolg van groot afstande, kwaai hitte en 
koors wat die mense oorval het. Ptolemaeus se kaart met die Maanberge het avontuursoekers geprikkel om 
na die oorsprong te gaan soek. 

In 1856 word Richard Burton en John Speke gestuur om die oorsprong van die Nyl te gaan vind. Burton 
kon 29 tale praat. Albei van hulle raak siek van malaria en Burton raak verlam in sy bene en Speke raak 
doof en blind. Gelukkig was albei se ongesteldheid net tydelik en kon hulle voortgaan met hulle reis. In 1858 
besoek hulle Ujiji (Tanganjikameer) en glo dit is een van Ptolemaeus se mere, maar vind toe uit dat dit nie 
die oorsprong van die Nyl is nie. 

Speke gaan op sy eie soek na die Nyasameer wat geen Europeer nog gesien het nie, maar baie van gehoor 
het. Hy glo hy het die oorsprong van die Nylrivier gevind, maar hy het nie genoeg verkenning gedoen om sy 
teorie te bewys nie. Hy noem toe die meer die Victoriameer, na Brittanje se koningin. Twis ontstaan tussen 
Burton en Speke toe Speke horn van sy ontdekkings vertel. 

Speke en James Grant sit hul ontdekkings voort en in 1862 is hulle die eerste Europeers wat toegelaat 
word om Uganda binne te gaan. In 1862 staan Speke op die oewer van 'n rivier wat uit die Victoriameer 
vloei, maar weereens kry hy nie genoeg bewyse dat die rivier die Nyl is nie. 

Burton was nie tevrede met Speke se verhaal nie en hy reel in 1864 'n ontmoeting in Engeland sodat 
Speke kan bewys dat hy die oorsprong van die Nyl ontdek het. 'n Dag voor die ontmoeting sterf Speke in 'n 
skietongeluk. Later is bewys dat die Victoriameer wel die oorsprong van die Nylrivier is. 




IM MEMORY OF 

SPEKE 

JICTOSIA NYANZ 
AND THE NILE 

SS64 




Figure 3.7 



a) Vertel hoekom mense Afrika die "donker vasteland" genoem het. Is dit waar? 

b) Dit is belangrik om te weet dat ontdekkings op verskillende plekke in Afrika plaasgevind 
het. Gebruik jou eie karakter en help Prof. Beweiznet deur kolletjies te maak waar hulle 
gereis het. So kan ons beter waarneem hoe en waar mense in Afrika besig was om inligting te 
bekom of plaaslike inwoners te help. 

Groepwerk! 

c) Teen die begin van die jare 1800 het daar weer 'n nuwe belangstelling in Afrika posgevat. 
Waarom? 

Groepwerk! 

d) Jul groep kan besluit watter "ontdekkers" 'n monument behoort te kry. Ontwerp sy 
monument — met 'n inskripsie daarby hoekom hy dit verdien. 

Dinkskrum! 

f) 'n Gedenkteken is in Kensington Gardens, Londen vir Speke opgerig. 

• Hoekom in Londen? 

• Hoekom dink jy verdien hy dit? Wat van Burton of Grant? 



at sou gebeur het as Burton en Speke nie na afrika gereis het nie? 



61 

3.2,9 Assessesing 



62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



• relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



Table 3.8 



3.2.10 Memorandum 

AKTIWITEIT 1 

(a) Daar was baie dinge oor Afrika wat nog nie opgeklaar was nie (bv. oorsprong van groot riviere, 
geheime stede, ens.) 

Groot dele van Afrika was nog nie gekersten nie. (Christus is deur Christene as die lig van die wereld 
beskou.) 

(d) Europeers was in die 19de eeu geweldig gei'nteresseerd in die ontdekking van verafgelee plekke - soos 
ons vandag in ruimtereise belangstel. 

Aangesien daar geen radio of TV was om hulle in te lig nie, het hulle gereeld in koerante, tydskrifte en 
boeke daaroor gelees. Die publisiteit het mense geweldig entoesiasties oor ontdekkings gemaak. 

(f ) Beroemde Britse ontdekkers - stel oorsprong van Nyl aan wereld bekend. Eintlik het Speke en Burton 
dit saam gevind; eersgenoemde. het die nuus versprei voordat Burton teruggekeer het na Engeland. (Burton 
het by die Tanganjikameer siek geword.) 



63 

3.2.11 

3.3 Livingstone se bydrae tot die bekendstelling van Afrika 3 

3.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

3.3.2 Graad 6 

3.3.3 ONTDEKKINGSREISE IN AFRIKA 

3.3.4 Module 11 

3.3.5 LIVINGSTONE SE BYDRAE TOT DIE BEKENDSTELLING VAN 
AFRIKA 

3.3.6 Aktiwiteit 1: 

3.3.7 Om die oorsake en gevolge van gebeure te bepaal 

3.3.8 [LU 2.2] 

a) Bestudeer meegaande skrywe van Livingstone. Verduidelik daarna vir jou maat die belan- 
grikste redes waarom hy na Afrika gekom het. 

"Ek sal alles in my vermoe doen om die Woord van God te verkondig deur te preek, aansporing, gesprek, 
onderrig van die jeug en die verbetering van die mense met wie ek gaan werk deur hulle bekend te stel aan 
kuns en wetenskap. So sal ek die Christendom in hul harte bring." 

David Livingstone 

Livingstone word vereer vir sy ontdekkingswerk in Afrika. Lees onderstaande berig wat geskryf is oor sy 
reis na die hart van Afrika. Meegaande kaart gaan jou ook help. 

Livingstone ('n Skot) was 'n man met baie deursettingsvermoe. In 1841 het hy by die sendingstasie 
op Kuruman aangekom en saam met eerwaarde Robert Moffat gewerk. In 1843 het hy besluit om nog 
sendingstasies te stig en in 1849 vertrek hy om nog stasies te gaan stig. 

Hy sukkel baie om met die bestaande kaarte van Afrika spesifieke plekke op te spoor. In 1851 ontdek hy 
egter die boloop van die Zambezirivier. Livingstone was baie lief vir die natuur en het noukeurig aantekeninge 
gemaak van sy roetes, plekke en diere op sy ontdekkingstogte. Baie van sy aantekeninge is oor die hele wereld 
versprei en so het die mense meer kennis opgedoen oor Afrika. 

Tydens 'n rit op die Zambezi in 'n kano kom hy af op die groot watervalle van "Mosi-oa-tunya" (die rook 
wat bulder). Livingstone noem dit toe die Victoriawaterval. In 1855 ontvang hy 'n medalje vir sy geweldige 
bydrae om inligting oor Afrika aan die wereld bekend te stel. 

In 1858 is Livingstone terug na die Zambezirivier om te kyk of die Europese teenwoordigheid nie slawe- 
handel kan help beeindig nie. Die rivier was onvaarbaar vir sy stoomboot en hy moes weer terugkeer. Niks 
kon Livingstone keer om sy doel te bereik nie en in 1866 was hy weer terug in Afrika en vestig hy horn by 
Ujiji. Hier was hy na aan die hart van die slawehandel. Dit is gedurende hierdie tydperk wat hy nie van 
hom laat hoor het nie, en die mense het bekommerd geraak oor hom. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24248/l.l/>. 



64 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Victoriameer 
A-' JV 1866 - 1873 (7jr) 

^M |l -_' / i JZanzwai 



1 [Luanda 
J *— ^ J852 - i«56 (4 Jr.) 



meer f 



v&r* 



N Isfwereru- 



\ 



l/T 



\ f Livingstone oorfkdef * ^^*[ ( * 

VW'873^ cfeawfo (5) \'*\ \ 1 
(60 jr) «■ i_*\l J 



JYyasameer 



.^O 



Vlejr' '*5*-l«64 



K5 



- ■ • » - 

1 Vrctoriawatervaf 
\^J. 1841 - 1852 

(u jr) 









1 
QueCimane 



1 

J4//2.?W77'£S£ 

'OSTJLA.-N 



\XaCahari . 

Xuruman ** 

I 

v 

N 

\ 

XaapstadM v 



— _^-i_ —1841-1853 Sendingreise (verkenning) 

i£2_ .1853-1856 Trans-Afrika ekspedisie 

_ (Luanda/Quelimane) 
(3) 

h%.,,. 1858 -1868 Ontdekkingsreise langs 

die Zambezi-rivier en die Nyasameer 

_ .^i _ Soektog na die oorsprong van die Nyl 

^^^^^^_ Livingstone se lyk word na Zanzibar 
geneem 



Figure 3.8 



65 




Figure 3.9 



Die volgende vier oefeninge gaan jou help om te leer dat: 

• Dit belangrik is om te verstaan waar sekere gebeure plaasvind of plaasgevind het. 

• Alle gebeure oorsake en gevolge het. 

b) Dinkskrum vir julle! 

• Livingstone se leuse was: 

Vrees God en werk hard. 

Wat is die gevolg(e) van so 'n leuse? 

• Op een van sy eerste reise het 'n leeu Livingstone se een arm vermink vir die res van sy lewe. Livingstone 
en 'n ooggetuie het dit soos volg beskryf: 

Livingstone: "Suddenly I saw the lion in the act of springing upon me. He caught my shoulder as he sprang 
and shook me as a terrier dog does a rat." 

Ooggetuie: "The lion then attacked one of the natives whose gun misfired twice. It went on to attack 
a second native, but by this time the bullets Livingstone had fired, took effect and the lion fell dead." 

• Met hierdie verswakte arm het hy later vol en gevaarlike riviere (met krokodille) aangedurf. 

• Dink jy Livingstone het soos 'n held opgetree? Waarom? 



• Watter mooi eienskap kan ons uit die volgende gebeurtenis leer? 

Oppad na Luanda het Livingstone deur 'n vyandige opperhoof se gebied gereis. Die sou hul deurlaat mits 
Livingstone een van sy bediendes as slaaf agterlaat. Livingstone het beslis geweier. 

• Wat was die oorsake en gevolge van Livingstone se besluit? 

• Dink jy dat jy ook so sou kon optree? Waarom? 



66 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



c) Die bediendes wat Livingstone se lyk gedra het, het hul eie lewens gewaag. Die opperhoofde van daardie 
streek het die dra van 'n lyk oor hul grond ten strengste verbied. Waarom? 

d) Meegaande artikel verduidelik hoe Livingstone oor slawehandel gevoel het. Hy het gereeld verslae na 
Engeland gestuur om dit onder die wereld se aandag te bring. 

Verduidelik kortliks die oorsake en gevolge van die slawehandel. 

SLAWEHANDEL - HANDEL VAN DIE HEL 

"1859 - Dit is 'n pragtige land. Elke twee myl of minder het ek die pragtigste dorpies gesien. 

"Daar nie 'n spoor van 'n mens vir 120 myl sigbaar nie. Dit is nodig dat ek die waarheid moet vertel. Die 
dorpies word aangeval deur die slawehandelaars en baie mense word gevange geneem. Duisende mense sterf 
aan hulle wonde wat hulle opgedoen het tydens gevegte met die slawehandelaars of sterf van hongersnood 
nadat hulle dorpies en oeste vernietig is. Te veel mense sterf onnodig in hierdie soektog na slawe. Dit is 
duidelik dat slegs een tiende van die slawe hul bestemming bereik. Die res sterf almal . . ." 

e) Opdraggie vir jou! 

Skryf 'n kort briefie aan 'n oorsese koerant en gee jou indrukke oor Livingstone as ontdekkingsreisiger. 
(Jy is welkom om sy bydrae krities te evalueer!) 

Gebruik 'n skoon foliovel wat jy self "verouder" het . . . 




Figure 3.10 



3.3.9 Assessering 



LU 2 



continued on next page 



67 



HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



• gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



2.2 oorsaak en gevolg: 



• redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks 
verduidelik; 



2.3 ooreenkomste en verskille: 



• sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer 
as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer. 



Table 3.9 



3.3.10 Memorandum 

AKTIWITEIT 1 

(a) Christendom te versprei / verkondig 

Later: Deurtog vanaf middel van Afrika na Weskus/Ooskus ter wille van handel, oopstel van Afrika vir 
sendelinge, behandeling van "koors" 

• Kennis opdoen van Afrika se minerale en hulpbronne 

• Probeer slawehandel "uitroei" 

• Soek oorsprong van groot riviere: Zambezi-, Kongo-, Nyl- 

(c) (By-)Geloof, veiligheidsrisiko 

(d) Oorsake: Geld / Besigheid 

Gevolge: Individue/ besighede vang slawe, slawe aangehou in forte, oorsee uitgevoer met skepe, 
ooreenkomste met plaaslike hoofmanne om slawe te bekom. 

• Die volgende aspekte het ook betrekking: vryheid, wreed, oorloe, menseregte, arbeid, families, ens. 

(e) Die volgende (of enige ander) kriteria kan gebruik word: 
Slawerny, sendingwerk, handel, kolonialisme 
OF 

• Bespreek sy groot reise: 

• Eerste reis: Zambezirivier (weskus), 1852 - 1856 

• Tweede reis: Nyassameer (ooskus), 1858 - 1859 

• Derde reis: Nylrivier (noordwaarts), 1872 - 1873 



68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.4 Stanley en die plaaslike inwoners 4 

3.4.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

3.4.2 Graad 6 

3.4.3 ONTDEKKINGSREISE IN AFRIKA 

3.4.4 Module 12 

3.4.5 STANLEY EN DIE PLAASLIKE INWONERS 

3.4.6 Aktiwiteit 1: 

3.4.7 Om tussen feite en menings te onderskei 

3.4.8 [LU 3.2] 

Bestudeer meegaande drie bronne deeglik, want jy sal tydens Jul klasgesprek later heeltyd tussen feite en 
menings moet onderskei. 

BRON 1 

Stanley en die plaaslike inwoners 

In 1869 word Henry Morton Stanley deur die eienaar van die koerant, JVew YorkHerald, na Afrika gestuur 
om na Livingstone te gaan soek. In 1871 tref hy vir Livingstone by Ujiji aan. Livingstone was baie siek en 
het geen medisyne gehad nie omdat sy medisyne deur drosters gesteel was. Na sy herstel, het hy en Stanley 
saam na plekke gaan kyk. Tevrede dat dit weer goed gaan met Livingstone, keer Stanley weer terug na 
Engeland. 

Op 25 Augustus 1872 vertrek Livingstone op sy laaste reis. Hy wou die suidelike strand van die Tangan- 
jikameer gaan verken. Hier het die koors horn weer beetgepak en is hy na agt maande oorlede. Sy hart en 
ander organe is deur lede van sy geselskap verwyder en langs 'n boom begrawe. Op die boom is Livingstone 
se naam en die datum uitgekerf. Sy helpers was so lief vir horn dat hulle sy liggaam na Zanzibar, agt maande 
se reis van 1 609 km, geneem het. Livingstone is op 18 April 1874 in Westminster Abdy, Engeland, begrawe. 

In 1874 keer Stanley terug om 'n kaart van die Victoriameer en die Tanganjikameer te teken. Hier bevestig 
hy Speke se vermoede dat die Victoriameer wel die oorsprong van die Nyl is. In Oktober 1876 vaar hy af 
in die Lualabarivier tot waar dit in die Kongorivier inloop. So is die laaste van die groot riviere van Afrika 
oorwin. 

In 1887 moes Stanley weer na Afrika terugkeer om na die Duitse ontdekker, Emin Pasja, te gaan soek en 
hy reis tot in Sudan. Dit was die laaste groot ontdekking in Afrika. 

BRON 2 

"Ten einde die vermoeiende aanvalle van kanibaalstamme te ontvlug, moes ons tussen die eilande deurvaar, 
totdat ons na drie dae se gebrek aan voedsel, deur die knaende honger gedwing is om die noodlot te beproef 
en na die land te vaar. Gelukkig het ons 'n stam teegekom wat bekend met die handel was. Hulle het die 
groot rivier Ikuta Ya Congo genoem. Ons het 'n broederband van bloed gesmee, genoeg voorrade aangekoop 
en ons voorgeneem om 'n koers langs die linkeroewer voort te sit. Drie dae later het ons 'n magtige stam, 
gewapen met voorlaaiers, teegekom, wat ons die oomblik toe hulle ons bespeur het, aangeval het. Slegs nadat 
drie van my manne gesneuwel het, het ek my daarvan weerhou om uit te roep dat ons vriende is en dat ons 
materiaal wou aanbied. 

Vir 'n afstand van 12 myl lank is die grootste en wanhopigste geveg op hierdie vreeslike rivier voortgesit. 
Dit was op een na die laaste van 32 gevegte . . ." 

H.M. Stanley: Illustrated London News, 1878 

BRON 3 

Stanley se reise in Afrika 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24240/l.l/>. 



69 




Figure 3.11 



• 1877 - Ghana 

• 1886 - Egipte (3 jaar) 

[U+F055] 1904 - Londen - spandeer 18 jr in Afrika 
a) Waarom was dit moeilik om voedsel te bekom? 

• Wat het Stanley met 'n "broederband van bloed" bedoel? 

• Was dit Stanley se bedoeling om die inboorlinge in die kano's aan te val? Hoe weet jy dit? 

• Om watter moontlike redes het die stamlede Stanley se geselskap aangeval? 

b) As ons iemand se doelwitte weet, verstaan ons sy optrede beter. 

Een van Stanley se vriende het gese dat hy presies gedoen het dit wat hy beplan het. 

• Op watter tyd was vasberadenheid baie belangrik in sy lewe? 

• Waar was hy vasbeslote? 

c) Ons moet ander se menings in ag neem. Hoekom het Stanley dit belangrik geag om Afrika vir die Europeers 
"oop" te stel. 

• As 'n sendeling 

• As 'n ontdekker 

d) Alle gebeure het oorsake en gevolge. Neem malaria as voorbeeld. 

• Waardeur word dit veroorsaak? 



70 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• Watter uitwerking het dit op die liggaam? 

• Hoe word dit behandel? 

• Waarom het so baie ontdekkingsreisigers daaraan gesterf ? 

• Word dit deesdae steeds as gevaarlik beskou? Waarom? 

e) Bestudeer meegaande tabel en hou 'n klasdebat oor die volgende stelling : 

ONTDEKKINGS IN AFRIKA KON NIE PLAASGEVIND HET SONDER DIE HULP EN KENNIS 
VAN DIE PLAASLIKE INWONERS NIE! DAN SAL JY WEET OF DIT 'N FEIT OF 'N MENING IS. 

• Is dit 'n feit of 'n mening? 

f) Aan die begin het die tegnologie maar stadig ontwikkel en dit het natuurlik 'n groot rol 
gespeel in hoe ver ontdekkingreisigers kon reis. Kyk of jy die volgende ses vervoermiddels kan 
skets. 

• kameelkaravaan 

• mense met vrag op kop 

• perde/wa 

• persoon wat gedra word 

• roeiboot/boomkano 

• modern? 

Verrykingswerk 

a) Voltooi nou onderstaande tabel oor Stanley en Livingstone se reise. 





Livingstone 


Stanley 


Waarna gesoek? 






Mere ontdek 






Riviere ontdek 






Watervalle ontdek 






Groot prestasie behaal 






Eienskappe wat ek bewonder 






Probleme en gevare ondervind 







Table 3.10 




b) KOPKRAPPER!!! 

Wat sou gebeur het as Livingstone of Stanley nooit na Afrika 
gekom het nie??? 



Figure 3.12 



71 




c) KOPKRAPPERH! 

Watter probleme, dink julle, sou ontstaan het as bogenoemde 
vervoermiddels aan die begin nie daar was nie? 

Op hoeveel verskiliende maniere sou Jul die probleem opgelos het? 



Figure 3.13 



HET JY GEWEET . . . 

Stanley: "Dr. Livingstone I presume." 

Livingstone: "Yes." 

Stanley: "I thank God, Doctor, I have been permitted to see you." 

Livingstone: "I feel thankful that I am here to welcome you." 

Stanley was die laaste witmens wat Livingstone lewend gesien het. 




e) KOPKRAPPERH! 

Watter interessante ding het met Stanley se hare op pad na die 
mond van die Kongo gebeur? 



Figure 3.14 



Bestudeer meegaande skets van Stanley se boot, die Lady Alice. Hoekom het hy dit in vyf dele laat 
op d eel? 




Figure 3.15 



72 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.4,9 Assessering 



LU3 



HISTORIESE VERTOLKINGDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 bronne interpreteer: 



• twee weergawes van 'n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe 
bronne; 



3.2 die verlede rekonstrueer: 



onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting; 



3.3 voorstelling van die verlede maak: 



• items identifiseer en selekteer van 'n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra 
tot 'n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap. 



Table 3.11 



3.4.10 Memorandum 

AKTIWITEIT 1 

(a) Vlug vir kanibaalstamme 
Vriendskaplike ooreenkoms 
Nee - selfverdediging 

Wou sy voorraad buit; vreemd; vertoon soos indringers / slawehandelaars 

(b) Talle voorbeelde: 
Soektog na Livingstone, riviere 

Gaan voort met reise ten spyte van malaria, aanhoudende reen, aanvalle, afstande, gevare, dood / siektes 
van ekspedisielede 

Leidende ontdekker in Afrika 

(c) Sendeling: Christendom, behandel siektes, slawehandel stop 
Ontdekker: Handelsvoorrade, ontdek riviere (oorsprong) 

(d) Sien Leereenheid 1(d) 



Chapter 4 

Kwartaal 4 



4.1 Afrika se ryke van goud 1 

4.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

4.1.2 Graad 6 

4.1.3 AFRIKA SE ANTIEKE RYKE DRYF HANDEL 

4.1.4 Module 13 

4.1.5 AFRIKA SE RYKE VAN GOUD 

Wat beteken antieke beskawings? 

Beskawing beteken 'n sekere peil van ontwikkeling, terwyl antiek "oud" beteken: ongeveer 3000 v.C. - 
500 n.C- toe die Romeinse Ryk tot 'n einde gekom het. Die datums is by benadering en verskillende bronne 
verskil daaroor. (Datums word veral vasgestel met behulp van argeologiese metodes (bv. die datering van 
pottebakkersware of ander voorwerpe). Ons gebruik veral skriftelike bronne en argeologiese opgrawings om 
inligting te bekom. 

Meegaande aktiwiteite gaan jou help om te verstaan wanneer antieke beskawings bestaan het. 

4.1.6 Aktiwiteit 1: 

4.1.7 Om verskillende soorte tyd te verstaan 

4.1.8 [LU 2.1] 

Verander meegaande tydlyn om dit meer kindvriendelik te maak. 
1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24242/l.l/>. 



73 



74 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



v.C- 



n.C. > 



4000 



3000 2000 1000 + 476 1000 14 f 3 2000 



— Voor-£eskiedenis 



■ Geskiedenis 



Antieke-Geskiedenis 




Modern 



Middel- 
Geskiedenis 
Val van Rome ^A Val van Konstantinopel 




Figure 4.1 



4.1.9 Aktiwiteit 2: 

4.1.10 Om bronne te gebruik en om vas te stel of Afrika 'n donker vasteland is 

4.1.11 [LU 1.2] 

Gebruik (ondersoek) meegaande vyf bronne en hou 'n klasdebat oor die volgende twee standpunte: 



75 



Standpunt 2 



Standpunt 1 




Figure 4.2 



BRON 1 

Afrika is 'n groot vasteland en ook die plek waar die eerste mense geleef het. Die eerste boere in Afrika het 
langs die Nylrivier met sy vrugbare grond en baie water gewoon. Vanaf ongeveer 700 v.C. het ongeloofiike 
koninkryke ontstaan en ondergegaan. Meer as 3 000 jaar gelede is Afrika suid van die Sahara bewoon 
deur stamme of groepe jagters en versamelaars. Teen 300 v.C. is yster ontdek vir beter metale en wapens. 
Geleidelik het swartmense uit die woude van Wes- Afrika geemigreer oos- en suidwaarts. Hul het Suidelike 
Afrika teen ongeveer 400 n.C. bereik. 

BRON 2 

Om die geskiedenis van Afrika te verstaan, moet ons sy geografie verstaan. Afrika bestaan veral uit drie 
geografiese streke: 

Saharawoestyn in die noorde en die Kalahariwoestyn in die suide; 

Tropiese woude in die middel; 

Graslande tussen die woestyne en woude. 

En dit is op die graslande wat die eerste ryke ontstaan het. 

BRON 3 

Die Grieke en Romeine was goed bekend met die kus van Afrika. Vanaf 200 n.C. het Arabiere en Indiese 
handelaars die ooskus van Afrika besoek. Na 700 n.C. het Moslemhandelaars na Wes-Afrika beweeg oor 
die Saharawoestyn. Die Portugese seevaarders het ook in 1487 verby die suidpunt van Afrika geseil. Sterk 
ryke het oral in Afrika ontstaan vanaf 400 n.C. weens handelsaktiwiteite. Die handel het verder toegeneem 



76 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



toe kamele vanaf die Midde-Ooste na Afrika gebring is. Handelsreise oor die warm, droe Sahara kon nou 
plaasvind. Die belangrikste handelsprodukte was veral goud, sout en slawe. 

BRON 4 

Vanaf die middel van die 15 de eeu het Europese seevaarders geleidelik die kuste van Afrika ontdek. Die 
Portugese het die voortou geneem, en in die 16 de eeu het die Engelse, Nederlanders, Franse, ens. gevolg. 
Afrika het nou vir die Europeers belangrik geword, veral weens sy groot handelsmoontlikhede - ivoor, goud 
en slawe. 

Die volgende leereenhede handel oor die groot ryke van Noord- en Wes-Afrika (leereenheid 2). In Suidelike 
Afrika (leereenheid 3) was die indrukwekkende Ryk van Groot Zimbabwe, asook verskeie ander antieke 
nedersettings in Suid- Afrika. Afrika het dus beskawings geken duisende jare voor die "ontdekking" daarvan 
deur Europeers. 

BRON 5 




Figure 4.3 



Uit: A. Millard: The Atlas of Ancient Worlds 



77 




Figure 4.4 



4.1.12 Assessering 



LU 1 


HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 


Assesseringstandaarde ( ASe) 




Dit is duidelik wanneer die leerder: 


1.1 bronne vind: 


• bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 


continued on next page 



78 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



1.2 vrae beantwoord: 



relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



LU 2 



HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



Table 4.1 

4.1.13 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

Daar is talle tekens van verandering in Afrika, ook op die terrein van die kunste en wetenskap. Van 
die oudste menslike fossiele is in Afrika gevind. Die oudste gevorderde kulture begin ook in Afrika (bv. 
Egipte). Op sekere terreine sou die leerder ook die teenoorgestelde standpunt(e) kon he - solank dit net 
goed gemotiveer word. 

4.2 Die vroegste ryke in Noordoos- en Wes-Afrika 2 

4.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

4.2.2 Graad 6 

4.2.3 AFRIKA SE ANTIEKE RYKE DRYF HANDEL 

4.2.4 Module 14 

4.2.5 DIE VROEGSTE RYKE IN NOORDOOS- EN WES-AFRIKA 
A. NOORDOOS-AFRIKA 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24243/l.l/>. 



79 

4.2.6 Aktiwiteit 1: 

4.2.7 Om verslag te doen oor die vroee Afrika-ryke 

4.2.8 [LU 1.3] 

Ontwerp 'n treffende toerismebrosjure waarin die historiese waarde van 'n Ryk/plek van jou keuse verduidelik 
word. Toeriste moet ook aangemoedig word om die streek te besoek. 

Die Egiptiese beskawing (3000 v.C. - 600 n.C.) was een van die grootste en mees bekende beskawings 
van sy tyd. Ons gaan eerder op kleiner, meer bekende ryke soos Nubie (of Meroe), Kush en Aksum fokus. 
(Raadpleeg jou kaart sodat jy weet waar elke Ryk gelee is.) 

Goud, ivoor, slawe, koper, yster, juwele, speserye, velle, het handelaars in seilskepe van die Moslemwereld, 
Indie en China na Oos-Afrika gebring. Die heersers van groot stede soos Mogadishu, Malindi en Kelwa het 
baie ryk geword deur belastings te hef as handelaars deur die stede beweeg het. 

Ryk van Nubie (750 v.C- 500 n.C.) 

Die Ryk van Kush het aan die suidelike deel van die Nyl ontwikkel. Handel is gedryf met ivoor, goud, 
velle, volstruisvere en slawe. 

Die Ryk van Nubie verder suid van Egipte, wat vandag as Soedan bekend staan, het ook ontstaan. 
Alhoewel die land deur woestyn omring was, was die grond langs die Nylrivier baie vrugbaar weens die 
jaarlikse oorstromings. Teen 600 v.C. is die hoofstad na Meroe verskuif. Florerende handel in goud, ivoor, 
eksotiese diere, olifanttande, hout, yster, velle en vrugte met Egipte en die Meditereense lande en Indie het 
plaasgevind. Die mense van Nubie se kuns, argitektuur en geloof is deur die Egiptenare bei'nvloed, maar 
hulle het hul eie alfabet ontwikkel. Hulle het vee aangehou, katoen verbou en waterwiele (deur osse getrek) 
gebou om hul lande te besproei. 

Hul is teen 500 n.C. deur die Ryk van Aksum oorgeneem. 

d"b " Vvv ^^ 

♦ ♦;♦ 

$ ♦ ♦ □ ♦ <^[x] ;? ^ G □ 111 3£ ♦> D IT)? ^ 

Figure 4.5 



Muurtekeninge in Egipte toon duidelik dat Nubiese mans en vrouens halsnoere gedra het, gemaak van 
diere se tande. 



80 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



4 ♦ ♦ □ ♦ <%rf[x] >?^ £3 □ 1TI 3€ ♦ D IT|? :Q: 




« ♦ ♦ □ ♦ <fc;[a x^ © □ rri 3€ ♦:♦ □ rQ) ^ 

Figure 4.6 



'n Muurtekening van 'n Egiptiese grafkelder wat aantoon hoe Nubiers vir die Farao geskenke van vrugte, 
juwele, klere en ape bring. 

Ryk van Aksum (500 v.C. - 600 n.C.) 

Die Ryk het naby die suidelike punt van die Rooisee, in die berge van die huidige Ethiopie net suidoos van 
Kush ontstaan. Die goeie ligging het handel in ivoor, speserye, eksotiese diere, goud, kosbare stene, wyn en 
slawe bevoordeel en hul het al hoe ryker geword. Die meeste inwoners was boere, bouers en houtsneewerkers. 
Aksum was een van die eerste Afrika-ryke wat die Christendom aangeneem het. 'n Nuwe styl van regering 
het gevolg. Sterk heersers en konings het oor spesifieke areas regeer. Laasgenoemde moes belasting invorder 
van inwoners tot voordeel van die groot ryk. Namate die seeliede beter sisteme ontwikkel het om die wind 
te verstaan, het handel met die Meditereense lande na die Rooisee, Arabie, lande van die Persiese Golf en 
Indiese Oseaan aansienlik uitgebrei. Hulle het ook met die Grieke en Romeine handel gedryf. 



81 




Figure 4.7 



Daar is met 'n verskeidenheid goedere handel gedryf 




Figure 4.8 



Tipiese paleis van 'n heerser 



82 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.9 



Goue muntstuk met 'n heerser en kruis op 



83 



Die koninklike paleis 
van Takija Mariam was 
die belangrikste gebou 
in die stad. 



Daar was tarings van tat 30 m hoog 
uitgekerf met lande van hul 
godsdiens. 




Die meesle rr>ense het 
in ronde hjise wat 
van modder en riete 
gebou is, gewoon. 



Biokke van kalksteen 
en marmerisgebruik 
orn die paleise en ander 
geboue le bou. 



Figure 4.10 



B. WES-AFRIKA 

Drie groot ryke het in Wes-Afrika ontstaan en welvarend geword as gevolg van handelsbetrekkings, veral 
vanaf die ooskus van Afrika. Die ryke van Ghana (700 - 1200 v.C), Mali (1200 - 1500 ) en Songhay (1350 
- 1600) het die handel in die gebied tussen 400 - 1500 beheer. Hul grootste rykdom was goud. Handelaars 
het goedere vanaf die Meditereense gebiede na die dorpe en stede van Afrika gebring in rail vir goud, slawe, 
hout, kolaneute, klei- en ysterprodukte en sout. Baie mense het aan die Islamgeloof behoort weens hul 
kontak met Moslemhandelaars. 

Vervolgens gaan drie van hierdie Ryke kortliks bespreek word. 

Ryk van Benin 

Die Ryk van Benin ontstaan teen 1100 v.C. in die tropiese woude van die huidige Nigerie. Ivoor, peper, 
olyfolie en slawe is aan Portugese handelaars verkoop. Die heerser ("odu") het in 'n enorme paleis met 
verskeie binnehowe en gange in die ommuurde stad, Benin gebly, waar wagte diens gedoen het. Die inwoners 
van Benin was vaardige bewerkers van metale en kunstige houtsneewerkers, aangesien min landbougrond 
beskikbaar was. 



84 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Bronsbeeld, ± 1400 n.C. 

Nok-Ryk (900 v.C. - 200 n.C.) 

Die inwoners het in dorpies gewoon, landbou beoefen en diere mak gemaak waar die huidige (noord- 
) Nigerie en Kameroen tans gelee is. Hulle het afgewerkte werktuie van stene, been en hout vervaardig, 
juweliersware en beeldhouwerke gemaak. Die werktuie was nie werklik doeltreffend nie en landbou het op 
klein skaal plaasgevind. Teen 400 v.C. het die Nok-mense kennis bekom van yster. Die ysterwerktuie was 
sterker, meer effektief en makliker vervangbaar. Boerderye kon nou veel meer suksesvol bedryf word. 




Figure 4.11 



Ystererts is in 'n hoogoond teen 'n hoe temperatuur gesmelt. Sodoende is yster van die onsuiwerhede in 
die rots geskei. Groot hoeveelhede houtskool is gebruik om oonde teen die regte temperatuur te laat brand. 

Dit is belangrik dat die leerder vooraf die kriteria vir assessering ontvang, bv. oorspronklikheid, netheid, 
korrekte feite, ens. 

Ryk van Mali 

In die eerste helfte van die 1200's het die klein ryk van Mali magtiger geword as antieke Ghana. Teen 700 
v.C. was Mali sterk en baie georganiseerd weens die groeiende handel. Mali het bekwame heersers gehad. 
Mali was die eerste groot ryk in Wes-Afrika om te groei as gevolg van die verspreiding van Islam. 

Een van die beroemdste heersers was Mansa Musa, wat streng beheer oor die Sahara handelsroete uitgeoe- 
fen het. Daar was veral twee beroemde stede in die ryk, nl. Mali (hoofstad) en Timbuktu - die handelsentrum 
en plek met die baie skole. In sy tyd was Mali waarskynlik een van die grootste wereldryke! Teen 1400 het 
Timbuktu 'n leersentrum geword (tot die 1700's), met studente van talle Moslemlande wat die universiteit 
bygewoon het. Die inwoners het goud gedelf en daarmee handel gedryf. 



85 




Figure 4.12 



Timbuktu 

'n Nuwe ryk, Songhai, met Gao as hoofstad, het verder suid teen die Nigerrivier ontstaan. Hul heerser 
het Timbuktu in 1468 oorgeneem. Die goue dae van die ryke van Wes-Afrika het egter tot 'n skielike einde 
gekom in 1509 toe die Marokkaanse weermag die Ryk van Songhai oorgeneem het. 



4,2,9 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



continued on next page 



86 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



• relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



Table 4.2 



4.2.10 Memorandum 

Aktiwiteit 1 



4.3 Die vroegste ryke in Suidelike Afrika 3 

4.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

4.3.2 Graad 6 

4.3.3 AFRIKA SE ANTIEKE RYKE DRYF HANDEL 

4.3.4 Module 15 

4.3.5 DIE VROEGSTE RYKE IN SUID-AFRIKA 

Lees meegaande verhaal oor die ryke van Mapungubwe en Groot Zimbabwe. Voltooi dan die aktiwiteit aan 
die einde. 

Mapungubwe 

Arabiese handelaars was op soek na goud en die Chinese na ivoor. Beide was beskikbaar op die plato 
van Zimbabwe, waar die Shonas gewoon het. Hierdie handel het vir meer as 1 000 jaar geduur, met die 
hoogtepunt tussen 1100 - 1400 n.C. 

Die middelpunt van handelsbedrywighede in Suidelike Afrika was die afgesonderde Mapungubwe-heuwel 
(die plek van die groot jakkals) in die huidige Noordelike Provinsie. Die kultuur van hierdie nedersetting het 
waarskynlik daartoe bygedra dat hulle die eerste georganiseerde swart gemeenskap in Suid- Afrika was. 

Teen ongeveer 1000 het daar 'n welvarende dorp en gemeenskap in die Limpopovallei ontstaan. Hulle het 
geleidelik beheer begin kry oor die omliggende gebiede, veral ten opsigte van goud. Die heersers het hul op 
'n plat berg gevestig, tewyl die onderdane in die vlakte moes woon. Hierdie bergwoning het bekend gestaan 
as Mapungubwe. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24254/l.l/>. 



87 



Die vesting het gou 'n vooruitstrewende handelsentrum geword en sou sy hoogtepunt in die 12 de eeu 
bereik, toe dit die goudhandel met die Ooste beheer het. Daarna het die regeerders hul beheer oor die 
handel begin verloor as gevolg van die opkoms van Groot Zimbabwe in die 14 de en 15 de eeu. 




Figure 4.13 



Belangrike dorpe en sentra 

Groot Zimbabwe 

Sowat 30 km vanaf Masvingo (voorheen Fort Victoria) le Groot Zimbabwe. Die plek het sy naam van die 
Sjona-woord MaDzwimbabwe of Dzimbahwe wat "groot klipgebou" of "huise van klip" beteken, gekry. Dit 
het ook as die Ryk van Monomotapa bekend gestaan. Dit was 'n uitgebreide kompleks van fyn beplande 
mure, gebou sonder fondament of messelklei, wat oor meer as 24 ha gestrek het. Die "Groot omheining" van 
Groot Zimbabwe se buitemate was 255 m, en dit is gebou uit byna 'n miljoen granietblokke. Behalwe die 
piramides van Egipte, was dit die grootste klipgebou in Afrika! 




Figure 4.14 



DIE DORP GROOT ZIMBZBWE 

Tussen 500 - 1500 n.C. was die gebied onder beheer van die Karanga-Rozvi volk. Tussen 500 en 1000 
n.C. het die heuwelkruin oorbevolk geraak en toe is daar geboue onder die kruin van die heuwel opgerig. 
Dit was 'n handelsentrum. Die bevolking wat veral uit boere, ambags- en vakmanne bestaan het, het in 



88 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



tradisionele hutte van pleister en hout gebly. (Elke hutkompleks het 'n gesinstuiste gevorm, bestaande uit 
hutte vir vrouens en kinders, hutte om in te slaap, te kook en om gaste te onthaal. Die wooneenheid is deur 
'n binnehof van die ander geskei. Dit het beskutting gebied en ook as werkplek gedien. 




Figure 4.15 



a- 




Figure 4.16 



MIDDEDORP VAN GROOT ZIMBZBWE 



Die middedorp het bestaan uit twee dele, 'n: - heuwel aan die noordekant, waar die koning gewoon 

het, en 'n - vallei aan die suidekant, waar vrouens en kinders gewoon het. 

Die ruimte tussen die twee geboue-komplekse was waarskynlik 'n openbare vergaderplek. 

Die klipmure (dik lyn) het die koning en sy gesin beskerm. 

Rondom die middedorp het die gewone mense gebly (ongeveer 30 000 mense). 



89 

Groot-Zimbabwe was die middelpunt van 'n streekshandel-netwerk aan die Indiese Ooskus. Op verskeie 
plekke op die Zimbabwe-plato was goudmyne. Die meeste was vlak, terwyl ander diep was. Goud, koper, 
ivoor en yster is gesmelt en gesmee en na die Ooste uitgevoer. Goud is ook na die kus gedra, waar dit vir 
krale, kleedstowwe en porselein geruil is. Goud was vir die Europeer en Arabier baie belangrik, want dit was 
seldsaam en kon as betaalmiddel dien. So ook was krale en kleedstof vir die vroee koninkryke seldsaam en 
is dus as 'n teken van rykdom beskou. 




Figure 4.17 



MOSLEMHANDELAARS 

Groot Zimbabwe het teen 1400, veral as gevolg van politieke probleme tussen die heersers, begin kwyn 
en het geleidelik in kleiner state begin verbrokkel. 

In die 1400's het 'n nuwe Ryk in die noordooste van die Zimbabwe-plato ontstaan, wat tot die 1800's 
voortbestaan het. Die naam van die ryk was Munhumutapa - vernoem na die eerste heerser. Soos Groot 
Zimbabwe, was hulle ook van goudhandel met die ooskus afhanklik. 

Die koms van die Portugese na Mosambiek en die leers van Mzlikazi, (Ndebele-opperhoof) het egter tot 
ondergang van die laaste groot ryk in Suidelike-Afrika bygedra, aangesien hulle die handel met die Arabiese 
handelaars probeer oorneem het. Die land Zimbabwe is grootliks nog op dieselfde plek. 



90 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.18 




Figure 4.19 



91 

Een van die voEls van Groot Zimbabwe wat uit seepsteen gekerf is. Dit het ook "menslike eienskappe" 
gehad. 

4.3.6 Aktiwiteit 1: 

4.3.7 Om ooreenkomste/verskille tussen die mense van groot Zimbabwe en ons 
te onderskei 

4.3.8 [LU 3.1] 

a) Veronderstel jy en 'n groep vriende besluit om weer te lewe soos die mense van Mapungubwe 
of Groot Zimbabwe. Hou 'n klasgesprek oor die volgende: 

Watter aspekte sal moontlik wees om dit in ons tyd en samelewing reg te kry. Motiveer. 
Watter uitdagings/probleme kan julle dalk ondervind? 

4.3.9 Assessering 



LU3 



HISTORIESE VERTOLKINGDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



3.1 bronne interpreteer: 



• twee weergawes van 'n historiese gebeurtenis vergelyk deur gebruik te maak van visuele of geskrewe 
bronne; 



3.2 die verlede rekonstrueer: 



• onderskeid tref tussen opinies, feite en inligting; 



3.3 voorstelling van die verlede maak: 



• items identifiseer en selekteer van 'n aspek van die verlede wat onder bespreking is, wat sal bydra 
tot 'n klasuitstalling, skoolmuseum of gemeenskap. 



Table 4.3 



92 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

4.3.10 

4.4 Vroee nedersettings in SA 4 

4.4.1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 

4.4.2 Graad 6 

4.4.3 AFRIKA SE ANTIEKE RYKE DRYF HANDEL 

4.4.4 Module 16 

4.4.5 VROEE NEDERSETTINGS IN SA 

Wat het intussen in ons land plaasgevind? Die landbouleefwyse het ongeveer 2 000 jaar gelede ontstaan. 
Namate boerdery-aktiwiteite vanaf die ooskus al langs die riviervalleie tot op die sentrale plato uitgebrei 
het, moes mense voortdurend aanpas wat betref hul gereedskap, wapens, skuilings, klerasie, ens. In die klein 
boere-gemeenskappies het almal min of meer ewe veel mag en rykdom besit. Weens die toename in handel 
met vee, ivoor, goud, ens. het fiorende dorpe ontstaan. 

Die eerste boere suid van die Limpoporivier het naby die ooskus (Indiese Oseaan) gebly, want die klimaat 
was gematig, die reenval voldoende en die grond vrugbaar. Graangewasse is gekweek, en in potte geberg. 
Seekosse is ook versamel. Teen 1000 n.C. was daar al baie nedersettings in die binneland. 

Vervolgens gaan ons meer uitvind oor drie baie interessante nedersettings, nl. Mzonjani, Broeder- 
stroom en die Boomplaasgrot. Bestudeer deurlopend die tydlyn en kaart. 

4.4.6 Aktiwiteit 1: 

4.4.7 Om gebeure in die korrekte chronologiese volgorde te plaas tydens die vroee 
nedersettings in ons land 

4.4.8 [LU 2.1] 

Pas kolom A en B bymekaar, deur slegs die korrekte simbool uit kolom B by kolom A neer te skryf. 



Kolom A 


Kolom B 


1. 


A. Mapungubwe goudhandel vind plaas 


2. 250 n.C. 


B. Eerste Indiers vestig hul in "SA" 


3. 400 n.C.600 n.C. 


C. Hollanders onder leiding van Jan van Riebeeck 
vestig hul aan die Kaap 


4. 1050 n.C. 


D. Geboorte van ChristusSan en Khoina reeds in 

"S.A." 


5. 1200 n.C. 


E. Landboudorpies soos Mzonjani en Broeder- 
stroom ontstaan (Sien kaart op volgende bladsy) 


continued on next page 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24255/l.l/>. 



93 



6. 1652 


F. Boerdery versprei na binneland Swartboere woon 
reeds in riviervalleie van "Natal" 


7. 1860 


G. Swart boere vestig hul op die hoeveld 



Table 4.4 

Toe die eerste boere in Suider-Afrika aangekom het, het hulle hul in die digte woude en boswereld 
langs die suid-oostelike kus gevestig. Die gebiede was geskik vir verskuiwingsakkerbou (uitkap- en 
verbranding van bosse). 

Toe 'n landbou-leefwyse eers langs die kus gevestig is, het swart boere al langs die vallei en groot riviere 
na die binneland se vrugbare grond versprei. 




■ging van Swartgroepe 



Figure 4.20 



4.4.9 Aktiwiteit 2: 

4.4.10 Om bronne te gebruik om relevante inligting oor die vroee nedersettings 
te bekom 

4.4.11 [LU 1.3] 

Mzonjani 

• Handelaars van Noord-Afrika en die Ooste het langs die ooskus van Afrika geseil en ontdek dat Afrika 
oor baie waardevolle handelsware beskik. Goud en ivoor is geruil vir krale en kledingstowwe. 

Nie lank gelede nie, het 'n groep padingenieurs, wat besig was om 'n nuwe pad noord van Durban te bou, 
vir dae lank opgehou sodat argeoloe opgrawings kon doen nadat ou potskerwe deur stootskrapers blootgele 
is. Daarna is nog potskerwe, seeskulpe, klippe, bene van diere en ysterskroewe gevind. 



94 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.21 



Mzonjani le nou ongeveer 20 km noord van Durban, onder die N2-snelweg. Mense ry daagliks daaroor 
sonder om te besef dat een van die bekendste landboudorpe van Suider-Afrika teen ongeveer 280 n.C. daar 
gelee was. 

(a) Hou 'n groepsgesprek oor die volgende vrae: 

• Het jy al ooit, terwyl jy in die veld gestap het, iets belangriks of waardevols gevind waarop niemand 
vantevore afgekom het nie? 

• Is Mzonjani toevallig ontdek? 

Boomplaasgrot 

Die grot, by Kango (naby Oudshoorn in die Suid-Kaap) is oor 'n lang tydperk deur verskeie mense 
bewoon. Elke laag van die dwarsnee wat deur argeoloe uitgegrawe is, vertel 'n verhaal van verskillende dele 
van hul geskiedenis. 

b) Bestudeer meegaande diagram oor die Boomplaasgrot en beantwoord die volgende vrae: 

1. Watter wapens is in die volgende tydperke gebruik? 

a) 40 000 v.C. - 30 000 v.C. 



a) 4 450 v.C - 50 n.C. 
2. Watter verskillende bedrywighede het plaasgevind? 



95 



3. Watter mense het teen 250 n.C. hier gebly, en waarmee het hulle hulself besig gehou? 

4. Watter inligting word oor aspekte soos erdewerk en huisdiere verskaf? 





Moontlike datums 


Oorblyfsels van 
diere 


Oorblyfsels van 
die bewoners 


Argeoloe se 
interpretasie 






gebrande mis 


geen 


skaapkraal 




250 n.C. / 


skape; klein bokkies; 
gebrande mis 


erdewerk; skrapers; 

houtwerkgereedskap; 

klipvuurherde 




Qa£ 


klein bokkies; 
dassies 


skrapers; houwerk- 
gereedskap; lemme; 
stoorputte; rots- 
tekeninge 


kort besoeka; 
veral vir opberg van 
oliesade (stoorputte) 


50 n.C. 




4450 v.C. """ 




klein bokkies; 


skrapers, lemme; 
groot vuurherde; 
een rotstekening 


kort bewoning; 
vuurherd (miskien 
gebruik om vleis 
te droog) 


^ 


8000 v.C. \. 


^ 


klein en groot bokke; 
sebras 


baie skrapers; klein 
vuurherde 


afwisselende 
bewoning 




10500 v.C. ^ 




baie groot bokke; 
sebras; buffels 


baie klein lemme 


langer 
bewoning 





12000 v.c/^v^ 


■~^ S 


19000 v.C. 


groot bokke; 
sebras 


ruwe implemente 


afwisselende 
bewoning 


, % 




m ^ 


30000 v.C. 


klein en medium 
bokke 


steentyd-implemente 


afwisselende 
bewoning 


^ ™ N 


40000 v.C. 



Figure 4.22 



Broederstroom 

Broederstroom is een van die bekendste vroee landboudorpe suid van die Limpoporivier. Dit le teen die 
suidelike hange van die Magaliesriviervallei, in die ou Suidwes- Transvaal. Die mense wat teen 350 - 600 n.C. 
hier gewoon het, het gejag en vee aangehou. Dit was 'n beboste omgewing met voldoende water en grasveld 
ongeveer twee dae se stap daarvandaan. 

Na 600 n.C. het die dorp verlate geraak. Broederstroom is na 'n sorgvuldige soektog deur argeoloe van 
die Universiteit van Witwatersrand gevind. Slegs die vloere en fondamente van die geboue het behoue gebly. 

Die huise was meestal rond, met vloere van harde kleipleister. Die dakke was waarskynlik van riet, 
gestut deur houtpale. Potte met versierings van verskillende vorms en groottes is gevind. Yster is gesmee en 
verwerk. Kopervoorwerpe is ook gevind. 

c) Bestudeer meegaande kaart en se of die volgende stellings feite (f ) of menings (m) is: 



96 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.23 



KAART VAN DIE TERREIN 

• Die eerste dorpenaars het hul huise in die noordwestelike deel van die terrein gebou. 

• Broederstroom het na die oostelike deel uitgebrei. 

• Dorpe wat begrawe is, word dikwels per toeval "ontdek". 



4,4,12 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



97 



LU 1 

HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kermis en begrip aan te wend om 
die verlede en hede te ondersoek. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



1.1 bronne vind: 



bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 



1.2 vrae beantwoord: 



relevante inligting vir 'n spesifieke doel uit 'n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 



1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: 



• inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke 
uit die verlede beantwoord word. 



LU 2 



HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis 
en begrip. 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



2.1 kronologie en tyd: 



• gebeurtenisse, mense en veranderings op 'n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C, n.C insluit; 



Table 4.5 



4.4.13 

4.4.14 Memorandum 

Aktiwiteit 1 

(1) d (3) f (5) g (7) b 

(2) f (4) a (6) c 
Aktiwiteit 2 

(a) Ja 

(b) (1) sinkers (visvang), pyle en handbyle (klip, hout), beenpylpunte 
(Middel Steentydperk) Materiale was al meer gevorderd (Laat Steentydperk) 

(1) Maak werktuie, kos, juweliersware, jag, beoefen kuns, bou wonings 



98 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

(2) Khoina - deels ook swart boere, hou skape aan, erdewerk 

(3) Die Khoina het waarskynlik die eerste makgemaakte diere (bv. vetstertskape) en die eerste erdewerk 
in Suid-Afrika bekendgestel. 

(c) f, f, f 



ATTRIBUTIONS 99 

Attributions 

Collection: Geskiedenis Graad 6 

Edited by: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.0rg/content/colllOO8/l.l/ 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Antieke medisyne uit Afrika en Europa" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24214/l-l/ 

Pages: 1-9 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Jenner oorwin pokke" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24215/Ll/ 

Pages: 9-12 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Pasteur en Lister oorwin kieme" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24216/Ll/ 

Pages: 13-17 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24217/Ll/ 

Pages: 17-23 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Vreedsame protes tot die 1950's" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24218/Ll/ 

Pages: 25-32 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Swart verset in die 1960's enl970's" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24224/Ll/ 

Pages: 33-37 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



100 ATTRIBUTIONS 

Module: "Noodtoestand in die 1980's" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24226/l-l/ 

Pages: 38-41 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Die 1990's: Apartheid eindig - menseregte begin" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24227/l-l/ 

Pages: 41-49 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Waarom stel mense hul lewens in gevaar om na die vreemde te reis?" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24232/Ll/ 

Pages: 51-56 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "'Donker Afrika' lok baie avonturiers" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24245/l-l/ 

Pages: 56-63 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Livingstone se bydrae tot die bekendstelling van Afrika" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24248/Ll/ 

Pages: 63-67 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Stanley en die plaaslike inwoners" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24240/Ll/ 

Pages: 68-72 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Afrika se ryke van goud" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24242/Ll/ 

Pages: 73-78 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die vroegste ryke in Noordoos- en Wes-Afrika" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24243/Ll/ 

Pages: 78-86 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



ATTRIBUTIONS 101 

Module: "Die vroegste ryke in Suidelike Afrika" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24254/l-l/ 

Pages: 86-92 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Vroee nedersettings in SA" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24255/l-l/ 

Pages: 92-98 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



About Connexions 

Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and 
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and 
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and 
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities. 

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12 
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including 
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part 
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions 
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course 
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.